Po­li­sie en A­friForum nou ‘ven­no­te’

Beeld - - Nuus - – Ni­co Gous

Die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie­diens en die bur­ger­reg­te-or­ga­ni­sa­sie A­friForum het gis­ter hul sa­me­wer­kings­oor­een­koms uit­ge­brei om ge­meen­skaps­vei­lig­heid te be­vor­der.

Lui­dens ’n po­li­sie­ver­kla­ring gaan A­friForum en die po­li­sie saam­werk om mis­daad te be­kamp deur in­lig­ting van A­friForum se ge­meen­skaps­vei­lig­heid­struk­tu­re te deel.

“Die po­li­sie het van­dag (gis­ter) amp­te­lik A­friForum se ge­meen­skaps­vei­lig­heid­struk­tu­re as ven­no­te er­ken in die stryd teen mis­daad. Deur dié sa­me­wer­king maak ons Suid-A­fri­ka ’n be­ter plek,” het Ian Ca­me­ron, A­friForum se hoof van ge­meen­skaps­vei­lig­heid, in Cen­tu­ri­on ge­sê.

Lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de po­li­sie­kom­mis­sa­ris, sê: “Ons was die af­ge­lo­pe jaar met A­friForum in ge­sprek en die struk­tu­re het ’n be­lang­ri­ke rol om te speel.”

Die po­li­sie het on­der­neem om mis­daad­wen­ke te on­der­soek wat deur A­friForum deur­ge­gee word.

Op 4 Mei ver­le­de jaar het die po­li­sie en A­friForum ’n oor­een­koms ge­sluit om krag­te saam te snoer vir die be­kam­ping van plaas­aan­val­le.

Lt.genl. K­ho­mot­so P­hahla­ne, waar­ne­men­de po­li­sie­kom­mis­sa­ris, en Ian Ca­me­ron, A­friForum se hoof van ge­meen­skaps­vei­lig­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.