Krog wen Hert­zog­prys

S­lip­pers, Bo­tha en Jep­h­ta ook ver­eer

Beeld - - Nuus - Jo Prins

Die Suid-A­fri­kaan­se Akademie vir We­ten­skap en Kuns se ge­sog­te Hert­zog­prys vir po­ë­sie gaan van­jaar aan die veel­be­kroon­de dig­ter An­tjie Krog.

Die Hert­zog­prys is die ver­naam­ste pres­ti­ge­prys in die A­fri­kaan­se let­ter­kun­di­ge wê­reld en heet na die groot kamp­veg­ter vir A­fri­kaans genl. J.B.M. Hert­zog.

Die prys is be­perk tot oor­spronk­li­ke let­ter­kun­di­ge werk in A­fri­kaans en word jaar­liks om die beurt toe­ge­ken vir po­ë­sie, dra­ma en ver­ha­len­de pro­sa, in dié volg­or­de.

Krog het die prys ont­vang vir haar bun­del Me­de-we­te, wat in 2014 by Hu­man & Rous­seau ver­skyn het.

“Die bun­del het al ’n he­le ruk ge­le­de ver­skyn, so dit was heel on­ver­wags so op ’n har­de Don­der­dag,” sê Krog.

“Na­dat ek my man ge­bel het, was dit vir ’n oom­blik vrees­lik om te weet dat ek nie my ma kan bel nie.”

In ’n on­ge­wo­ne stap het die Akademie gis­ter ook drie Eugè­ne Ma­rais-pry­se be­kend ge­maak: vir po­ë­sie, pro­sa én ’n

dra­ma­teks. Die prys word toe­ge­ken vir ’n eer­ste of vroeë let­ter­kun­di­ge werk en kan net een keer aan ’n per­soon toe­ge­ken word.

Bi­bi S­lip­pers, wat die Eugè­ne Ma­rais-prys (po­ë­sie) vir haar bun­del Fo­to­staat­ma­sjien ont­vang, sê sy het klaar­blyk­lik die reg­te uit­ge­wer ge­had (Ta­fel­berg).

Sy voeg by: “Pry­se soos dié sterk ’n mens be­slis in jou kwaad. Dis aan­moe­di­ging om aan te kar­ring.”

Lien Bo­tha, wat die Eugè­ne Ma­rais-prys in die ro­man-af­de­ling vir Won­der­boom, haar ro­man van 2015, ont­vang, was heel­te­mal uit die veld ge­slaan.

“Jis­laaik, man, ek gaan nou in die see loop swem,” sê ’n uit­ge­la­te Bo­tha. Sy het eers toe sy om kom­men­taar ge­na­der is, ge­hoor sy is een van die drie ont­van­gers van van­jaar se Eugè­ne Ma­rais-pry­se.

“Ek buig in ne­de­ri­ge dank­baar­heid. Haal Die huis van die vier win­de (van Ma­rais) van die boek­rak af.

“Voor­in het my moe­der op 25 De­sem­ber 1968 aan my ou­ma ’n Kers­bood­skap ge­skryf.

“Ja-nee, my moe­der sou nou hier­van ge­hou het, dis vir se­ker.”

Die der­de Eugè­ne Ma­rais-prys is toe­ge­ken aan Amy Jep­h­ta vir haar dra­ma­teks K­ris­tal­vlak­te. An­der pry­se sluit in:

Die SA A­ka­de­mie­prys vir ver­taal­de werk word toe­ge­ken aan Da­niel Hugo vir sy ver­ta­ling van Oor­log en ter­pen­tyn (Pro­tea Boek­huis).

Die L.W. Hiem­stra-prys vir nie­fik­sie word toe­ge­ken aan Ca­rel van der Mer­we vir Don­ker stroom (Ta­fel­berg).

’n E­re­pen­ning vir die be­vor­de­ring van ge­skie­de­nis word van­jaar toe­ge­ken aan Ni­col S­tas­sen van Pro­tea Boek­huis

’n E­re­pen­ning vir ra­di­o­dra­ma in A­fri­kaans word toe­ge­ken aan Ma­ri­ta van der Vy­ver vir haar ra­di­o­hoor­spel Ge­na­de.

■ Die vol­le­di­ge lys wen­ners is by www.akademie.co.za

Fo­to: ANTONIA STEYN

An­tjie Krog

Fo­to: ADAM HEYNS

Bi­bi S­lip­pers

Fo­to: RAYMOND SMITH

Lien Bo­tha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.