‘Diep ding het net oor­ge­vat’

‘ ’n Mens sien nie al­tyd de­pres­sie’

Beeld - - Voorblad - Mur­ray La Vi­ta en An­dré Da­mons

Sy het ’n “diep ding” in haar ge­had wat net “oor­ge­neem het”.

Die self­dood van sy ver­loof­de, A­net­te Ro­berts (51), is ’n lang s­to­rie, sê die skry­wer en joer­na­lis Da­na Sny­man.

“Dis so ont­set­tend sad. Daar is al­ler­han­de twis­ts in die ding,” sê Sny­man.

Ro­berts het haar Woens­dag in die mo­tor van Ru­di Nie­na­ber, ’n vriend, in Li­ly­va­le, Bloem­fon­tein, ver­gas. Nie­na­ber het op haar af­ge­kom.

Dit was Woens­dag Sny­man se 55ste ver­jaar­dag.

“Al­les is te veel. Ek is jam­mer. Lief­de, A­net­te,” het Ro­berts glo in ’n brie­fie ge­skryf wat sy ag­ter­ge­laat het.

Sny­man word in die Paarl deur vrien­de, soos die skry­wer Jo­han Bak­kes en die san­ger Gert Vlok Nel, by­ge­staan.

“Al wat ek kan sê, is ek kan nie iets sê nie. Dit is ver­by hart­seer; dit is ver­by skok . . . dis ver­by skok.

“Men­se kén my . . . ek was al t­wee keer ge­troud . . . dit is nie wat men­se dink dit is nie. Dis de­pres­sie waar­van ’n mens nie weet nie. Dis am­per ’n flip­pen cli­ché dat men­se sê de­pres­sie is ’n ver­skrik­li­ke ding . . . par­ty­keer wéét men­se nie ’n an­der mens is de­pres­sed nie,” sê Sny­man.

Hy het al in on­der­hou­de ver­tel van sy eie stryd teen de­pres­sie.

“Gods, ek weet nie . . . Ja, dit is hart­seer. Sy was ’n uit­son­der­li­ke vrou. Daai goed het net aan haar ge­vreet . . . daai goed het net aan haar ge­vreet!”

Sny­man en Ro­berts sou op 9 Desember ge­trou het.

“Dit was die plan, ja, dit was die plan . . . Ek kan nie veel sê nie, want ek kan nie mooi hel­der dink nie.

“Sê net vir men­se . . . sê net vir hul­le de­pres­sie is ’n ver­skrik­li­ke re­a­li­teit . . .

“Dis ’n ver­skrik­li­ke f **** n re­a­li­teit. En de­pres­sie lyk par­ty­keer nie soos de­pres­sie nie.”

Ca­rel Les­sing, ’n joer­na­lis­vriend van Sny­man, het hom­self in 2002 om die le­we ge­bring.

“Dis Ca­rel Les­sing all o­ver a­gain. Hy was my bud­dy. Hy’t fi­ne ge­lyk . . . ver­staan? Maar jy weet nie van daai diep goe­ters nie. Ek dink dis ook so met A­net­te . . .

“Sy’t ’n diép ding in haar ge­had en sy was so ’n dap­per vrou en daai ding het net . . . het net oor­ge­neem, ver­staan? Dis rê­rig dít; dis Ca­rel Les­sing all o­ver a­gain.”

Hy het Ro­berts Vry­dag laas ge­sien toe hul­le van Namibië te­rug­ge­keer het.

“Ons het ’n moer­se ni­ce trip ge­had. Ek sit hier by Bak­kes­hul­le en kyk na die ni­ce fo­to’s waar ons in O­ma­ru­ru saam was. Dit was móér­se ni­ce, ons het ge­lag en dit . . .

“Sor­rie, ek kan nie meer sê nie! Sê net vir men­se de­pres­sie lyk soms nie soos de­pres­sie nie. Dis ’n groot ding.”

Lu­mien Or­ton (30), Ro­berts se oud­ste dog­ter, sê haar ma se dood is ’n groot skok.

“Ons is al drie ou­kei onder die om­stan­dig­he­de. Ek het Maan­dag met my ma ge­praat en al­les was nor­maal. Ek het niks vreemds ag­ter­ge­kom of e­nig­iets ver­moed nie.

“Toe ons gis­ter (Woens­dag) die nuus kry, was ons ge­skok, want ons het dit nie ver­wag nie,” sê Or­ton, wat in Kim­ber­ley woon.

Vol­gens haar het haar ma nie aan de­pres­sie ge­ly nie.

Or­ton sê sy en haar sus­ter, Si­moné Har­ris (26), en broer, AJ Laus­berg (23), het ’n goeie ver­hou­ding met hul ma ge­had.

“Sy het ons goeie waar­des ge­leer en dit is wat ek al­tyd van haar sal ont­hou. Sy was streng en het al­les vir ons ge­doen. Sy was ’n groot deel van ons le­we,” sê Or­ton.

Vol­gens Nie­na­ber het Ro­berts, sy vrien­din van 13 jaar, die laas­te tyd aan de­pres­sie ge­ly.

“Dit was niks vreemds nie. Dit was haar kuns­te­naar­stem­pe­ra­ment, maar ek het ge­dink ons is daar­deur. Sy het weer op­ge­won­de ge­raak oor din­ge,” sê Nie­na­ber.

“Ek het ge­meng­de ge­voe­lens. Ek is bly vir haar, want dit is wat sy wou hê, hoe­wel ek dit sou wou ver­hoed. Ek is hart­seer.

“Dit is ’n moei­li­ke ding, want ek het ’n spe­si­a­le vrien­din ver­loor wat my lief­ge­had en my deur my sleg­te tye on­der­steun het.”

■ Ro­berts se rou­diens is Maan­dag 10:00 in die Pep­per Tree-ka­pel na­by Tem­pe. Die pri­va­te ver­as­sing vind daar­na plaas.

‘‘ Dit is ver­by hart­seer; dit is ver­by skok . . . dis ver­by skok.

— DA­NA SNY­MAN

A­net­te Ro­berts en Da­na Sny­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.