Da­na ‘sien nie te­kens van ge­vaar’

Dis as­of al­mal nou ‘sag­ter’ wil wees

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Ná sy ver­loof­de se self­dood is dit as­of al­mal “’n bie­tjie sag­ter met me­kaar is” en “’n bie­tjie fy­ner na me­kaar wil luis­ter”, sê die skry­wer en joer­na­lis Da­na Snyman.

In ’n Fa­ce­book-bood­skap gis­ter be­dank hy al­mal vir hul on­der­steu­ning se­dert sy ver­loof­de, A­net­te Ro­berts (51), haar Woens­dag, op sy 55ste ver­jaar­dag, ver­gas het.

Hul­le sou op 9 De­sem­ber ge­trou het.

“Dan­kie, dan­kie, dan­kie,” skryf Snyman op Fa­ce­book.

“Dis oor A­net­te, dis oor haar dat so­veel men­se op die oom­blik vir my so goed is. My lie­we A­net­te, wat so goed was vir my, en wat so graag die wê­reld ’n mooi­er en be­ter plek wou maak, ver­e­nig so­veel van ons in ons ver­bys­te­ring oor hoe broos ’n mens kan wees.

“Dis of ons ’n bie­tjie sag­ter met me­kaar is, nou, in hier­die tyd. Dis as­of ons ’n bie­tjie fy­ner na me­kaar wil luis­ter. Oor A­net­te . . . waar be­gin ek om al­mal te be­dank vir die goed­heid en be­sorgd­heid waar­mee ek deur al­mal oor­laai word? My sel­foon se ge­heue is lank­al vol. Al die bood­skap­pe hier op Fa­ce­book. Die e-pos­se. Die aanbiedinge om selfs vir my ’n bus of vlieg­kaart­jie te koop . . . Die op­reg­te ge­be­de . . . Dan­kie, dan­kie, dan­kie. Ek sal jul­le elk­een nog per­soon­lik pro­beer be­dank . . .”

Snyman het in ’n on­der­houd met Rap­port ge­sê Ro­berts het op die dag van haar dood nog ge­sê sy is lief vir hom. Sy het haar­self la­ter by haar huis in Bloem­fon­tein ver­gas.

Vol­gens Snyman be­sef hy nou dat daar wel ge­vaar­te­kens was wat hy moes raak­ge­sien het. Ro­berts het by­voor­beeld on­langs uit die blou­te vir hom ge­sê sy wil ver­as word.

Sy het ook on­langs, toe hul­le gaan stap het, “skie­lik som­ber” ge­word.

Lu­mien Or­ton, Ro­berts se dog­ter, het vroeër van­dees­week ge­sê haar ma het nie aan de­pres­sie ge­ly nie en dat sy (Or­ton) voor­dat haar ma haar eie le­we ge­neem het, nie ver­moed het dat iets skort is nie. Ro­berts was op­ge­won­de oor haar troue met Snyman, het haar dog­ter ver­tel. ■ Ro­berts se rou­diens is van­dag in Bloem­fon­tein.

Foto: FA­CE­BOOK

A­net­te Ro­berts, die ver­loof­de van Da­na Snyman. Sy het haar eie le­we ge­neem.

Foto: DE­ON RAATH

Da­na Snyman vroeër in ’n on­der­houd in sy huis in Ja­cobs­baai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.