Da­na se kon­sert lok groot re­ak­sie

‘Só kom goeie uit ver­driet’

Beeld - - Nuus - Jackie Kru­ger

’NKon­sert van die reis­skry­wer en joer­na­lis Da­na Sny­man vir sy ont­sla­pe ver­loof­de wat ge­hou word op die dag toe hul­le sou ge­trou het, lok groot re­ak­sie op so­si­a­le me­dia uit.

Die Swart Hond-kon­sert vind op 9 De­sem­ber van­af 18:00 by die Kon­trei Kef­fie op Ja­cobs­baai plaas.

Sny­man en sy ver­loof­de, A­net­te Ro­berts, sou op dié dag ge­trou het. Sy is op 4 Ok­to­ber, op Sny­man se ver­jaar­dag, dood in Bloem­fon­tein aan­ge­tref. Sy het haar­self in die mo­tor van ’n vriend ver­gas.

Op die kon­sert gaan Gi­an Groen, Gert Vlok Nel, Wou­ter van de Ven­ter en S­te­fan Bur­ger op­tree. Toe­gang is gra­tis.

Na­dat Sny­man die nuus van die kon­sert op sy Facebook-blad ge­deel het, was die re­ak­sie oor­wel­di­gend.

“Die Swart Hond-kon­sert ruk hand uit,” het hy Don­der­dag in ’n op­volg oor die kon­sert op Facebook ge­skryf. “Dan­kie aan al­mal wat ge­re­a­geer het op my pla­sing gis­ter (Woens­dag) oor Die Swart Hond-kon­sert wat ons by die Kon­trei Kef­fie Ja­cobs­baai hier op Ja­cobs­baai gaan hou, op 9 De­sem­ber, die dag waar­op ek en A­net­te sou ge­trou het. Ek is ef­fe oor­wel­dig deur die re­ak­sie . . .”

Woens­dag het Sny­man aan­vank­lik oor die kon­sert op Facebook ge­skryf: “Iets goed moet uit al die ver­driet kom . . . en hier­die is die be­gin van ’n pro­jek wat ek ie­wers in die nu­we jaar mee wil be­gin. Om men­se van ver­al bi­po­lê­re de­pres­sie be­wus te maak. Ook om al­mal wat ie­mand deur self­dood ver­loor het, te pro­beer help en by te staan . . . Al die din­ge prut nog in my kop. Maar ’n mens moet ie­wers be­gin. So, as jy op 9 De­sem­ber kan of wil, kom huil en lag saam.”

Oor die kon­sert skryf Vy­gie Vet­blaar op Facebook: “De­sem­ber is hoe­ka die swart hond se guns­te­ling­tyd . . . Won­der­lik dat jy die he­le ding om­draai in iets po­si­tiefs . . .”

Hen­riet­te Cil­liers Fol­scher skryf: “Goeie en te­ra­peu­tie­se i­dee.”

“Hoe won­der­lik gaan dit nie wees nie! Jy is ’n be­son­de­re mens, Da­na Sny­man!” skryf Re­tha van der Walt.

Vol­gens Sny­man sal sy goeie vriend Jo­han Bak­kes die se­re­mo­nie­mees­ter wees.

Fo­to: VOLKSBLAD

A­net­te Ro­berts en Da­na Sny­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.