Toyo­ta bo; Ford, VW stoei vir 2de

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Toyo­ta is weer die top­ver­ko­per van pas­sa­siers- en lig­te han­dels­voer­tuie in No­vem­ber.

Vol­gens die jong­ste mo­tor­ver­koop­sy­fers wat Lig­hts­to­ne Au­to gis­ter­mid­dag uit­ge­reik het, het Toyo­ta in No­vem­ber 11 441 voer­tuie in Suid-A­fri­ka ver­koop.

Hy word ge­volg deur Volks­wa­gen en Ford, wat mekaar op­keil vir die tweede plek. Volks­wa­gen het vir No­vem­ber ge­wen en 7 438 voer­tuie ver­koop teen­oor Ford se 7 260.

Die naas­te me­de­din­gers is Nis­san met 4 692, Hyun­dai met 3 265 en I­su­zu/GMSA met

2 670.

Die mo­tor­be­dryf het plaas­lik al­te­sa­me 49 754 voer­tuie in No­vem­ber ver­koop en 27 178 voer­tuie is uit­ge­voer.

Die plaas­li­ke mo­tor­ver­ko­pe het fluks ge­groei met 7,2% ver­ge­le­ke met ’n jaar ge­le­de, maar dis la­er as Ok­to­ber van­jaar se 51 022. In die jaar tot so­ver is 2,2% meer voer­tuie ver­koop as ver­le­de jaar oor die­self­de tyd­perk.

Volks­wa­gen loop voor met die en­ke­le mo­del wat die mees­te een­he­de ver­koop het – die Po­lo Vi­vo waar­van daar in No­vem­ber 1 900 een­he­de ver­koop is. Die tweede bes­te ver­ko­per is die ge­wo­ne Po­lo met 1 848, ge­volg deur die Toyo­ta Corol­la/Au­ris/Qu­est waar­van daar 1 711 ver­koop is.

Wat lig­te han­dels­voer­tuie be­tref, re­geer Toyo­ta se Hi­lux­bak­kie nog met 3 243 een­he­de, ge­volg deur die Ford Ran­ger waar­van 3 058 ver­koop is.

Ander ge­wil­de lig­te han­dels­voer­tuie is Toyo­ta se mi­ni­bus­taxi, die Qu­an­tum en Nis­san se NP300-bak­kie.

Foto: FORD

Werk­ne­mers van Ford spog met die 500 000ste Du­ra­torq TDCi­tur­bo­die­sel­en­jin wat by sy en­jin­fa­briek in S­tru­an­da­le in Port E­li­za­beth ver­vaar­dig is se­dert in 2011 daar­mee be­gin is. Die myl­paal is pas be­haal. Ford het ook nie te sleg ge­vaar in No­vem­ber se...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.