Sto­ries op band sluit nu­we wê­reld vir blindes oop

Beeld - - Nuus -

Stel jou ’n wê­reld voor waar die ge­spro­ke woord die mag het om nu­we wê­rel­de te o­pen vir die­ge­ne wat dit moei­lik vind om te lees; om ka­me­raad­skap aan be­jaar­des te bring; en die vreug­de van lees aan men­se met dis­lek­sie.

Dit is ’n wê­reld waar di­gi­ta­le ou­di­o­boe­ke en “paying-it­for­ward” deur blindes aan leer­lin­ge ’n be­ter be­grip gee, ge­let­terd­heids­vlak­ke ver­hoog en by­stand ver­leen met die kor­rek­te uit­spra­ke in ver­skeie ta­le. Die “hoor-om-te-lees”-les­se en Go­go-ver­ha­le help ook kleu­ters om nood­saak­li­ke kog­ni­tie­we bou­blok­ke te bou wat ’n leef­tyd sal hou.

Dit is die wê­reld van “Ta­pe aids for the blind” of­te­wel Bandhulp aan Blindes, wat meer as 60 jaar ge­le­de met ’n vi­sie vir die toe­koms be­gin het.

’n S­poor­weg­klerk en ’n blin­de u­ni­ver­si­teits­pro­fes­sor het daar­van ge­droom om vry­wil­li­ge voor­le­sers en proef­le­sers te kry om boe­ke op band op te neem, ’n gra­tis na­si­o­na­le ou­di­o­bi­bli­o­teek te skep en die ga­we om te kan lees met al­le blin­de, swak­sien­de en lees­ge­strem­de men­se te deel.

Dit is ’n droom wat ’n be­jaar­de vrou ge­red het om van ’n pier af te spring om haar le­we van duis­ter­nis te be­ëin­dig.

Na­dat sy by Bandhulp aan­ge- sluit het, het haar nu­we ge­bed ge­word: “He­re, moet my nie in my slaap kom haal nie; ek moet nog die laas­te hoof­stuk lees.”

Dit het ’n stu­dent ge­help om sy plek langs sy sien­de klas­maats in te neem deur een van die voor­ste 22 pres­teer­ders in die ma­triek­klas van 2016 te word.

Dit het ’n seun met dis­lek­sie ge­help om se­we on­der­skei­dings te be­haal en voort te gaan om ’n graad in in­ge­ni­eurs­we­se te vol­tooi.

Van­dag is dit ’n droom wat ver­we­sen­lik is met 29 a­tel­jees, 32 proef­lees-af­skor­tings en tien diens­sen­trums land­wyd. Die leen­bi­bli­o­teek leen meer as 6 000 boe­ke per dag uit.

■ Vir meer in­lig­ting, ska­kel 0800 33 55 22 tol­vry of be­soek die web­werf ta­pe­aids.com om nu­we wê­rel­de te help skep.

Fo­to’s: BANDHULP AAN BLINDES

Bandhulp aan Blindes spog van­dag met 29 a­tel­jees, waar vry­wil­li­ge voor­le­sers en proef­le­sers help om boe­ke op band op te neem.

Ou­di­o­boe­ke ver­hoog leer­lin­ge se vlak van ge­let­terd­heid en be­grip.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.