Leeus op­ge­kook

Wye skok oor slag­pa­le Op pad na Oos­te

Beeld - - VOORBLAD - E­li­se Tem­pel­hoff en Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Die B­lood­li­on-span en an­der om­ge­wings­be­wus­tes het met af­gry­se ge­re­a­geer op be­rig­te dat ’n leeuslag­pa­le glo “oor­nag” op ’n plaas by G­len bui­te Bloem­fon­tein op­ge­rig is.

Die span het in ’n ver­kla­ring ge­sê hy het ver­neem 19 leeus is ver­le­de week op die plaas ge­skiet en 80 is glo op pad na die Vry­staat, of word reeds op die plaas aan­ge­hou, voor­dat hul­le bin­ne­kort ook ge­skiet en hul be­ne na die Oos­te uit­ge­voer kan word.

’n Bron het eg­ter ge­sê 26 leeus is Dins­dag op die plaas ge­skiet en Woens­dag is nog 28 ge­skiet.

Die leeus word glo eers ver­doof en daar­na word hul­le dood­ge­skiet.

Hul ske­let­te word dan ge­kook tot­dat die vleis af­val. Hier­na word die been­de­re na ’n ver­sa­mel­punt by ’n tak­si­der­mis in die Vry­staat ge­bring waar dit vir uit­voer ge­reed ge­maak word.

Han­de­laars in C­hi­na en Vi­ët­nam be­taal na wat ver­neem word tot so­veel as R100 000 vir ’n leeuske­let wat van Suid-A­fri­ka uit­ge­voer word.

B­lood­li­ons het met af­keer ver­wys na die be­sluit van Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, wat ver­le­de jaar aan­ge­kon­dig het dat 800 leeuske­let­te jaar­liks na die Oos­te uit­ge­voer mag word.

Ian Mi­chler, kamp­veg­ter vir leeus en lid van die B­lood­li­on­span, sê dié ten­dens be­hoort SuidA­fri­ka­ners baie be­kom­merd te maak om­dat af­set­pun­te vir die land se 8 000 half­mak leeus nou o­ral in die land gaan be­gin op­skiet.

An­dré S­teyn se plaas Wag-’nBie­tjie bui­te Bloem­fon­tein is waar­skyn­lik nou die eer­ste van baie wat gaan volg, sê Mi­chler.

“Die wre­de werk­lik­heid is dat Suid-A­fri­ka die i­ko­nie­se leeu, wat ei eis aan A­fri­ka, nou on­der ny­wer­heids toe­stan­de gaan be­gin teel om in C­hi­na se on­ver­sa­dig­ba­re vraag na hul been­de­re te voor­sien.”

Beeld het Don­der­dag ver­neem vrag­te leeus in krat­te word uit Gau­teng, Noord­wes en an­der de­le van die Vry­staat na die plaas ge­bring.

’n Bron wat op ’n wild­plaas in Noord­wes werk, het by B­lood­li­ons aan­ge­klop en om hulp ge­vra na­dat twee leeus van­dees­week op dié plaas met ’n doof­pyl ge­skiet, op ’n vrag­mo­tor ge­laai en na die Vry­staat ge­bring is.

Geen per­mit­te is uit­ge­reik vir die ver­voer van die leeus van Noord­wes na die Vry­staat nie.

In­ge­vol­ge wet­ge­wing moet ’n vee­arts die doof­pyl skiet. Die be­stuur­der van die vrag­mo­tor het die doof­pyl som­mer self ge­skiet, sê hy.

Vol­gens hom het hy mag­te­loos toe­ge­kyk hoe die leeus weg­ge­neem word. S­teyn het nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Klag­tes oor ver­meen­de die­re­mis­han­de­ling op Wag-’n-Bie­tjie is ont­vang. ’n Vee­arts, dr. Hen­nie Klop­per van Bloem­fon­tein, het be­ves­tig hy is be­trok­ke by die ver­do­wing van die leeus op Wag-’n- Bie­tjie. Hy het ge­sê hy het per­mit­te van ont­vang om die leeus te ver­doof.

Rei­ne t Mey­er, ’n se­ni­or in­spek­teur van die Bloem­fon­tein­se Die­re­be­sker­ming s ver­e­ni­ging( DBV ), het be­ves­tig sy is Dins­dag na die plaas ont­bied.

“Dit was oor twee leeus wat vir twee of drie dae in ’n baie klein krat ge­staan het voor­dat hul­le af­ge­maai is.”

Mey­er sê die DBV is be­sig met ’n on­der­soek na die voor­val.

Adv. An­toi­net­te Fer­rei­ra van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag in Bloem­fon­tein sê sy het in dié sta­di­um geen dos­sier voor haar nie en weet nie of straf­reg­te­li­ke klag­te in­ge­dien gaan word nie.

Vol­gens haar is die groot vraag of daar wet­ti­ge per­mit­te was toe die leeus ge­skiet is.

Sy sê die na­si­o­na­le de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke reik per­mit­te vol­gens ’n kwo­ta­stel­sel uit.

Die an­der vraag is of daar wreed­heid teen­oor die die­re ge­pleeg is toe hul­le ge­skiet of voor­dat hul­le ge­skiet is.

Die na­si­o­na­le de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke het Beeld na die Vry­staat­se de­par­te­ment van e­ko­no­mie­se sa­ke, klein­sa­ke ont­wik­ke­ling, toe­ris­me en om­ge­wing­sa­ke ver­wys.

Dié de­par­te­ment het teen druk­tyd nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

In­ge­vol­ge die Kon­ven­sie oor In­ter­na­si­o­na­le Han­del in Be­dreig­de Spe­sies (Ci­tes) moet uit­voer­per­mit­te ook vir leeu­been­de­re ge­kry word om­dat leeus ’n be­dreig­de spe­sie is.

Werk­ne­mers van ’n leeuslag­plaas in Bloem­fon­tein dra ’n ver­doof­de leeu na ’n vrag­mo­tor.

Fo­to: ENVIRONMEN­TAL PROTECTION AGENCY

Twee ge­blik­te leeus sit ag­ter ’n hei­ning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.