Broers langs me­kaar be­gra­we; hul vriend ver­as ná on­ge­luk

Beeld - - Voorblad - Ischke de Ja­ger

’n Ma­tri­ku­lant aan die Ho­ër­skool S­toff­berg in Brak­pan, sy ou­er broer en ’n vriend het Sa­ter­dag­aand saam in ’n mo­tor­on­ge­luk aan die Oos-Rand ge­sterf.

“Ek het nooit ge­dink dat ek twee kin­ders ge­lyk­ty­dig sal ver­loor nie,” het A­let­te Pie­ter­se, ma van Ru­an Pie­ter­se (17) en Ar­mand B­rits (33), ge­sê.

La­jos van Zyl (32), ’n vriend van die twee broers, is ook in die on­ge­luk dood.

A­ni­ta (27), Ar­mand se vrou, het be­se­rings aan al­bei arms op­ge­doen.

‘‘

Hy sou e­nig­iets vir sy fa­mi­lie en vrien­de doen.

Ar­mand en Ru­an se be­graf­nis is Woens­dag 12:00 in die PPK Lig­huis-kerk in Brak­pan.

Die broers sal langs me­kaar be­gra­we word.

La­jos se ver­as­sings­diens is van­dag 14:00 in die ka­pel van die Sin­ce­re-be­graf­nis­diens in Brak­pan.

Die on­ge­luk het om­streeks 23:00 in Zig­zag­weg, S­prings, ge­beur.

Die oor­saak is on­be­kend.

Toe ER24-pa­ra­me­di­ci by die to­neel op­daag, was die in­sit­ten­des in die bak­kie vas­ge­keer. Die drie is op die to­neel dood ver­klaar. Red­dings­per­so­neel het so­wat ’n uur ge­suk­kel om A­ni­ta uit die bak­kie te be­vry.

Sy het Dins­dag ’n o­pe­ra­sie van vier uur lank on­der­gaan en sterk in die Sun­shi­ne-hos­pi­taal in Be­no­ni aan.

A­let­te sê haar seuns was ge­luk­ki­ge men­se.

“Hul­le was on­af­skeid­baar. God het ’n plan ge­had, want ek dink nie die een sou son­der die an­der kon leef nie. Ar­mand het al­les vir Ru­an ge­doen,” sê sy.

Ar­mand was baie trots op sy werk as nuts­man. Die broers het nog Sa­ter­dag saam aan ’n in­ge­bou­de braai by hul ma se huis ge­werk.

“Hul­le sou dit dié week klaar­ge­maak het, maar nou sal my skoon­seun (F­lip­pie van der West­hui­zen) dit doen. Hy sal ook met Ar­mand se on­der­ne­ming voort­gaan,” sê A­let­ta.

Ar­mand laat drie kin­ders ag­ter.

Ru­an het ge­le­we vir die kerk en sy jeug­aan­de. “Hy was my ba­by,” sê A­let­ta.

“My hart is bit­ter seer, maar ter wil­le van my dog­ter (Ber­na­det­te van der West­hui­zen), skoon­dog­ter (A­ni­ta) en die klein­tjies moet ek sterk wees. “My hart is in stuk­ke.” Ba­rend van Ton­der het ge­sê La­jos, sy jon­ger broer, was die lo­jaal­ste mens wat hy ge­ken het en ’n reg­te terg­gees.

“Hy sou e­nig­iets vir sy fa­mi­lie en vrien­de doen. Hy het al­tyd be­lang ge­stel en on­der­steu­ning ge­bied,” sê Ba­rend.

“Hy was ’n goeie pa en ’n goeie man. Hy het Sa­ter­dag in ’n stem­bood­skap aan my ge­sê hoe trots hy op sy seun is wat so ou­lik rug­by speel.”

Die broers het al saam in ’n se­wes­rug­by­toer­nooi ge­speel.

La­jos laat sy vrou, A­lys­sa, en vier kin­ders ag­ter.

Fo­to’s: FACEBOOK

La­jos van Zyl (32) is ook in die on­ge­luk dood.

Die twee broers, Ru­an Pie­ter­se (17) en Ar­mand B­rits (33).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.