M­bom­be­la skud sy ve­re reg vir In­ni­bos

Beeld - - Voorblad -

M­bom­be­la (Nel­spruit) skud sy ve­re reg vir die dui­sen­de be­soe­kers wat jaar­liks op die dorp vir die In­ni­bos La­e­veld Na­si­o­na­le Kuns­te­fees toe­sak.

Dié fees word van 27 tot 30 Ju­nie ge­hou. So­wat 100 000 men­se het dié fees ver­le­de jaar oor die vier dae by­ge­woon.

Om ver­keers­druk te ver­min­der, word fees­gan­gers aan­ge­moe­dig om die gra­tis S­top & Hop-pen­del­diens te ge­bruik.

Dié bus­diens ry el­ke half­uur tus­sen die i’Lan­ga-win­kel­sen­trum en die fees­ter­rein by die Ho­ër­skool Berg­vlam.

Fees­gan­gers kan gra­tis by die win­kel­sen­trum par­keer.

Ver­skeie bus­se is ook saans ná die ver­to­nings op die S­tan­dard Bank-ver­hoog op die fees­ter­rein be­skik­baar so­dat nie­mand te lank hoef te wag nie.

Volg die dui­de­li­ke aan­wy­sings na dié ge­rief­li­ke pen­del­diens.

Die Trac N4-Bos­se­wa-bus­sies is ook teen R10 per rit be­skik­baar vir fees­gan­gers om van die fees­ter­rein na die on­der­skeie plek­ke te kom waar pro­duk­sies aan­ge­bied word.

Die Bos­se­wa-plein, van waar die bus­sies ver­trek, is op die fees­ter­rein ge­leë.

Vroeg­og­gend, voor­dat die fees­ter­rein se hek­ke 10:00 oop­maak, is daar ’n op­laai­punt bui­te hek 1 vir die­ge­ne wat die eer­ste ver­to­nings van die dag wil by­woon.

Die Bos­se­wa­ens ver­trek 30 mi­nu­te voor die be­gin van ’n ver­to­ning van­af die Bos­se­wa-plein en is so­wat 20 mi­nu­te ná ’n ver­to­ning weer daar. Daar is wel ’n paar plek­ke waar die Bos­se­wa­ens nie ry nie. Ska­kel

082 321 5443 vir meer in­lig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.