Roelf Mey­er word spe­si­a­le ge­sant in Ma­da­gas­kar

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

’n Kwart­eeu na­dat hul­le die be­lang­ri­ke fi­gu­re in die des­tyd­se Ko­de­sa­on­der­han­de­lin­ge vir ’n nu­we de­mo­kra­tie­se Suid-A­fri­ka was, het pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa vir Roelf Mey­er aan­ge­stel as een van sy spe­si­a­le ge­san­te om te help met die vre­des­pro­ses in Ma­da­gas­kar.

Die an­der ge­sant is E­bra­him E­bra­him, ’n vo­ri­ge ad­junk­mi­nis­ter van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king.

Mey­er het dit gis­ter be­ves­tig. Ra­map­ho­sa, wat des­tyds die ANC se on­der­han­de­ling­span ge­lei het, en Mey­er, wat aan die hoof van die Na­si­o­na­le Par­ty-re­ge­ring se on­der­han­de­ling­span was, het ja­re ge­le­de saam en in­di­vi­du­eel ge­help om die vre­des­pro­ses in Noord-Ier­land aan die gang te kry.

“Ek en my maat­skap­py het ’n paar jaar ge­le­de, toe Gert Gro­bler nog die am­bas­sa­deur in Ma­da­gas­kar was, be­trok­ke ge­raak by die voort­sle­pen­de po­li­tie­ke pro­ble­me daar.

“So ’n maand of wat ge­le­de toe die si­tu­a­sie daar weer be­gin ver­sleg het, het ons Lin­di­we Si­su­lu (die mi­nis­ter van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king) gaan spreek om haar op die hoog­te te bring van wat aan­gaan.”

Ge­weld het in A­pril in dié land uit­ge­breek. Vier men­se is in dié ge­weld­ple­ging dood.

“Sy (Si­su­lu) het pres. Ra­map­ho­sa ge­kon­tak en hy het ons (Mey­er en E­bra­him) as sy spe­si­a­le ge­san­te aan­ge­stel.”

Hoe­wel Ra­map­ho­sa die voor­sit­ter van die Sui­der-A­fri­kaan­se Ont­wik­ke­lings­ge­meen­skap (SAOG) is, tree Mey­er en E­bra­him as spe­si­a­le ge­san­te van Suid-A­fri­ka op, en nie van die SAOG nie.

Die si­tu­a­sie in Ma­da­gas­kar, wat die af­ge­lo­pe vyf jaar ver­sleg het, is ’n groot pro­bleem vir die SAOG en die A­fri­ka-kom­mis­sie wat ook ’n spe­si­a­le ge­sant daar het.

Oud­pres. Jo­a­chim C­his­sa­no van Mo­sam­biek was in ’n sta­di­um as die SAOG se ge­sant in Ma­da­gas­kar be­trok­ke.

Mey­er en E­bra­him was die af­ge­lo­pe maand een keer saam met Si­su­lu in An­ta­na­na­ri­vo, die hoof­stad, om daar met die stry­den­de par­tye te gaan be­mid­del.

‘‘

Om­dat me­nings­pei­lings nie in Ma­da­gas­kar toe­ge­laat word nie, is dit baie moei­lik om te sê wie die mees­te steun ge­niet

— ROELF MEY­ER

Mey­er glo Si­su­lu se teen­woor­dig­heid het ’n groot rol ge­speel om “re­de­li­ke vre­de” te be­werk­stel­lig.

Ma­da­gas­kar se pres. He­ry Ra­ja­o­na­ri­mam­pi­a­ni­na het van­dees­week in op­drag van dié land se kon­sti­tu­si­o­ne­le hof ’n ka­bi­net saam­ge­stel wat ook ver­teen­woor­di­gers van op­po­si­sie­par­ty in­sluit.

Die sa­me­stel­ling van die ka­bi­net moes die on­der­skeie par­tye se steun in die vo­ri­ge ver­kie­sing in 2013 weer­spie­ël.

Chris­ti­an Nt­say, ’n teg­no­kraat wat lank vir die Ver­e­nig­de Na­sies en die In­ter­na­si­o­na­le Ar­beids­or­ga­ni­sa­sie ge­werk het, is as die pre­mier aan­ge­wys. Hy het geen po­li­tie­ke ban­de nie, maar ge­niet die steun van al die par­tye.

Ra­ja­o­na­ri­mam­pi­a­ni­na, Marc Ra­va­lo­ma­na­na, wat van 2002-2009 die pre­si­dent was, en And­ry Ra­joe­li­na, wat Ra­va­lo­ma­na­na se be­wind in ’n staats­greep om­ver ge­werp het, is die drie groot rol­spe­lers.

Ra­joe­li­na was net 34 toe hy pre­si­dent ge­word het. Ra­va­lo­ma­na­na was lank in bal­ling­skap in Suid-A­fri­ka.

Ma­da­gas­kar se kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het ge­las die ver­kie­sing moet in die land se droë sei­soen – dus voor Sep­tem­ber – plaas­vind.

“Om­dat me­nings­pei­lings nie in Ma­da­gas­kar toe­ge­laat word nie, is dit baie moei­lik om te sê wie die mees­te steun ge­niet,” sê Mey­er.

Roelf Mey­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.