Po­li­sie kry ge­steel­de sy­bok­haar te­rug

Beeld - - Nuus - – Ca­ra-Lee Dorf­ling

Die po­li­sie in die Oos-Kaap het so­wat R50 000 se ver­moe­de­lik ge­steel­de sy­bok­haar te­rug­ge­kry.

Twee sak­ke vol sy­bok­haar is gis­ter om­streeks 02:50 in die be­sit van ’n 34-ja­ri­ge man in Pe­ars­ton, so­wat 75 km bui­te Graaf­fRei­net, ge­vind.

Vol­gens kapt. Ger­da Swart, po­li­sie­woord­voer­der, het be­amp­tes van die Pe­ar­ston-po­li­sie­kan­toor die man ná ’n kort jaag­tog aan­ge­keer. Be­amp­tes het K­lip­plaat­berg­weg ge­pa­trol­leer toe hul­le ’n wit Toyo­ta Corol­la sien wat in die rig­ting van die dorp be­gin weg­jaag het toe die be­stuur­der die po­li­sie­voer­tuig sien.

Swart sê die po­li­sie het die mo­tor voor­ge­keer en twee sak­ke met sy­bok­haar in die voer­tuig ge­vind. Die sak­ke het saam so­wat 160 kg ge­weeg en het ’n waar­de van on­ge­veer R50 000.

“Die man is op ’n klag van die be­sit van ver­moe­de­lik ge­steel­de goe­de­re aan­ge­keer.”

Hy sal van­dag in die land­dros­hof op Pe­ar­ston ver­skyn.

Swart sê ver­skeie dief­stal­sa­ke van sy­bok­haar is die af­ge­lo­pe jaar in die Graaff-Rei­net- en Cra­dock-dis­trik aan­ge­meld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.