Ramp speel af in SA se mu­seums

Beeld - - Kommentaar -

Ren­tia Land­man, Lyt­tel­ton Die be­rig “As ’n mu­seum vou . . . ” (Beeld, 14.06) het be­trek­king.

’n Ramp is be­sig om in ons mu­seums af te speel om­dat hand­ge­maak­te doop­rok­ke, fo­to­al­bums, dag­boe­ke, fa­mi­lie­by­bels en ve­le an­der ar­te­fak­te in stoor­ka­mers van klein mu­ni­si­pa­le mu­seums be­sig is om te muf en deur mui­se op­ge­ëet te word.

Plek-plek pro­beer vry­wil­li­gers om hul dorp se er­fe­nis in stand te hou.

Dié men­se is ook reeds hoogs be­jaard.

Die pro­bleem lê nie by in­stel­lings soos die Voor­trek­ker­mo­nu­ment nie.

Dit lê by die klein plat­te­land­se mu­seums waar mu­ni­si­pa­li­tei­te suk­kel om ba­sie­se diens­te aan hul in­wo­ners te le­wer, wat nog te sê om mu­seums in stand te hou.

’n An­der pro­bleem is die ge­brek aan ’n po­li­tie­ke wil om ’n ge­deel­de We­sters-A­fri­ka-er­fe­nis te aan­vaar en ’n ge­deel­de toe­koms daar­op te bou.

Dit lyk as­of po­gings om so ’n ge­deel­de er­fe­nis te be­waar en uit te bou doel­be­wus in die wie­le ge­ry word.

Voor­beel­de daar­van sluit on­der meer in dat ter­si­ê­re in­stel­lings nie meer mu­seum­kun­di­ges op­lei nie.

Is dit tot die land se voor­deel dat ge­woon aan­vaar word dat die We­ster­se deel van Suid-A­fri­ka se ge­skie­de­nis geen in­vloed op die he­de of op die toe­koms het nie en dus maar op die vul­lis­ho­pe kan be­land?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.