Ras­sie, ANC se Ru­bi­con

Die S­pring­bok­ke en die ANC het baie ge­meen, skryf Koos Kom­buis. Hul­le is on­los­maak­lik deel van die beeld wat Suid-A­fri­ka na bui­te – en na bin­ne – pro­jek­teer.

Beeld - - Middelblad - Ras­sie en Cy­ril in 2018

Wan­neer ’n groot han­dels­naam sneu­wel, is die ver­lie­se ge­woon­lik nie slegs fi­nan­si­eel nie. Dit is ook siel­kun­dig, maat­skap­lik en selfs kul­tu­reel.

Kyk maar na S­tein­hoff. Dit was meer as die geld. Dit was meer as die kroe­ke­ry. Die val van S­tein­hoff het ’n e­nor­me kraak laat ont­staan, ’n gro­tes­ke ver­leent­heid ver­oor­saak in die ge­le­de­re van – laat ons dit maar er­ken – ge­ves­tig­de A­fri­ka­ner­be­lan­ge en kol­lek­tie­we self­re­spek.

Om so ’n han­dels­naam weer op te bou, is dik­wels on­moont­lik. ’n Mens sal eer­der iets nuuts van die grond af wil stig as om die ge­mors skoon te maak van ’n fa­len­de on­der­ne­ming.

Twee han­dels­na­me – ek noem hul­le “han­dels­na­me” om­dat daar nie reg­tig ’n goeie A­fri­kaan­se e­kwi­va­lent vir die En­gel­se woord brand is nie – is dié van die ANC en die S­pring­bok­ke.

Die een is ’n po­li­tie­ke par­ty en die an­der ’n sport­span. En tog het hul­le so­veel ge­meen en is hul­le on­los­maak­lik deel van die beeld wat Suid-A­fri­ka na bui­te – en na bin­ne – pro­jek­teer.

Al­bei se kleu­re is groen-en-goud. Die ANC het swart ook by. Die S­pring­bok­ke het klaar­blyk­lik nie ge­noeg swart nie.

So teen die wis­se­ling van die eeu het hier­die twee han­dels­na­me be­son­der sterk ge­staan. As die spreek­woor­de­li­ke re­ën­boog­na­sie on­der lei­ding van die nuut­ver­ko­se ANC-re­ge­ring was Suid-A­fri­ka die lief­ling van die wê­reld­me­dia.

Die me­ta­foor van hier­die oor­gang is reeds in die 1990’s ge­skep met die on­ver­geet­li­ke prent­jie van Nel­son Man­de­la en Fran­cois Pie­naar wat saam po­seer ná ons Wê­reld­be­ker-oor­win­ning oor die All Blacks.

Fo­to’s praat dik­wels har­der as woor­de. En daar­die fo­to van Fran­cois en Ma­di­ba het die he­le sto­rie ver­tel.

Dit was ’n be­roem­de sto­rie. Dit het die ver­beel­ding van die wê­reld aan­ge­gryp.

En die merk­waar­dig­ste ding van al­les was die feit dat dit die ANC­kleu­re, in die on­der­be­wus­syn van die pu­bliek, saam­ge­snoer het met die beeld van die S­pring­bok­trui; een mag­ti­ge ri­vier van groen-engoud.

En swart.

Nie ge­noeg swart nie?

Ver­geet die Bok­ke speel

Wat daar­na met al­bei hier­die han­dels­na­me ver­keerd ge­loop het, is nie ver­oor­saak deur ge­ï­so­leer­de voor­val­le nie.

Die fou­te van die een het ook die ge­loof­waar­dig­heid en die self­ver­troue van die an­der on­der­gra­we.

Saam-saam, ge­lei­de­lik, is die ge­loof­waar­dig­heid van die ANC en die S­pring­bok-em­bleem weg­ge­kal­we. Het ons ver­troue in hul­le ver­loor.

Hier­die ver­lies aan ver­troue het, in al­bei ge­val­le, tot ’n skril­le ­cre-scen­do van kri­tiek en weer­sin ge­lei wat sy hoog­te­punt – of dan laag­te­punt – so ’n jaar of wat ge­le­de be­reik het.

Dit het ál moei­li­ker ge­raak vir my om vrien­de te oor­reed om saam met my na ons dorp se kroeg toe te gaan om na die groot rug­by­wed­stry­de te gaan kyk.

Soms het ek my­self be­trap dat ek een­vou­dig ver­geet om te gaan.

Bid jou dit aan. Ver­geet. Dat die Bok­ke speel. On­denk­baar. Ver­ge­sog.

En tog, ja; dis wat ge­beur het. Stem­me het be­gin op­gaan dat die S­pring­bok-em­bleem, soos die deel van die ou “Die S­tem van SuidA­fri­ka” wat nog deel is van ons na­si­o­na­le lied, heel­te­mal ver­wy­der moet word. Dat hul­le hul doel uit­ge­dien het. Dat hul­le ver­de­lend is, ver­ou­derd soos die stand­beel­de van Ce­cil John R­ho­des, on­van­pas soos blon­di­ne-grap­pies, so laas jaar soos die klim­tol.

Om nie van die on­der­gang van die ANC te praat nie.

Ja­c­ques Pauw se boek, The Pre­si­dent’s Kee­pers, het al­les ver­tel. Maar dit was nie eens no­dig om dit te lees nie.

’n Mens kon maar net met jou kar deur die stra­te van Ly­den­burg, Ve­ree­ni­ging of Pa­rys ry en na die om­ge­wing kyk. Die tal­le slag­ga­te in die teer het die vol­le ver­haal ver­tel van 20 jaar van mis­luk­te ANC-re­ge­ring, swak diens­le­we­ring, wan­be­stuur en kor­rup­sie.

30 B­rey­tons

Waar pre­sies din­ge ver­keerd ge­gaan het, met die S­pring­bok­ke en die ANC, is moei­lik om jou vin­ger op te lê.

Ek ver­moed die vrot in die Bok­span was te wy­te aan baie meer as swak span­keu­ses, vrot span­gees en sleg­te be­plan­ning. Hoe kan e­ni­ge af­rig­ter of spe­ler sy bes­te le­wer met die re­wol­wer van ge­dwon­ge trans­for­ma­sie teen sy kop? Skop jy vas daar­teen, word jy uit­ge­kryt vir ’n ras­sis. Gee jy toe aan kwo­tas en hou op om spe­lers op sui­wer me­rie­te te kies, ver­oor­saak jy on­min, ja­loe­sie en al­ler­han­de ge­kon­kel.

Wat die ANC be­tref: Dis nou nog ’n mis­te­rie hoe­kom hul­le nie, die oom­blik toe hul­le be­sef het “Wow, ons is nie meer ’n st­rug­gle-be­we­ging nie, ons is nou in be­heer van ’n land!”, da­de­lik al hul ge­leent­he­de met al­bei han­de aan­ge­gryp het nie.

Waar­om leef so baie men­se, meer as 20 jaar la­ter, in sul­ke hag­li­ke om­stan­dig­he­de? Waar­om lyk K­haye­lit­sha nog so an­ders as Con­stan­tia?

As die ANC-re­ge­ring reg­tig op­ge­won­de was om ein­de­lik op ge­ly­ke voet te kan mee­ding in ’n mo­der­ne moond­heid soos Suid-A­fri­ka, sou hy in 1996 weg­ge­spring het en al sy in­ge­gaar­de be­las­ting­geld so vin­nig moont­lik ge­stoot het in meer s­ko­le, be­ter op­lei­ding, die skep van vaar­dig­he­de en hulp aan jong on­der­ne­mings

Dan sou dit nie no­dig ge­wees het vir die po­li­ti­ci on­der oud­pres. Ja­cob Zu­ma om hand­jies ge­vou te­rug te sit en al die toe­ne­men­de on­ge­lyk­he­de in ons land te bla­meer op die mi­te van “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” nie.

As die ANC-re­ge­ring erns­tig was oor die op­hef­fing van die land, sou hy in 1996 be­gin het om be­ter ge­rie­we te bou vir voor­heen be­na­deel­de kin­ders wat aan sport wil deel­neem.

Dan sou daar teen die jaar 2017 tien teen een al ge­noeg swart en bruin spe­lers in die S­pring­bok­span ge­wees het. Van­self. Son­der dat dit no­dig sou wees om kwo­tas af te dwing. In plaas van een B­rey­ton Paul­se sou daar 20 of 30 ge­wees het om uit te kies.

Die ANC het aan­hou­dend die kar voor die per­de in­ge­span. Hy wou re­sul­ta­te hê son­der om die huis­werk te doen. En toe dit nie werk nie, kry al­mal die skuld be­hal­we die par­ty self. Wel, dis nou 2018. Ons het vir Ras­sie Eras­mus en Cy­ril Ra­map­ho­sa.

Kan hul­le die per­de­kar reg in­span en hul on­der­skeie wa­ens deur die drif trek?

Dit gaan nie mak­lik wees nie. Een oor­win­ning oor ’n En­gel­se span wat reeds by hul aan­koms hier teen die toue was, be­te­ken nie die S­pring­bok­ke gaan van nou af net pronk nie. Daar lê har­de werk voor.

Die­self­de geld Ra­map­ho­sa. Sy hart is op die reg­te plek. Hy is ’n goeie lei­er, ’n ta­lent­vol­le staats­man, en al­les dui daar­op dat hy die reg­te din­ge wil doen.

Maar hy het ’n or­ga­ni­sa­sie ge­ërf wat vrot is van die kor­rup­sie en fak­sies. Dit gaan ’n reeks van klein won­der­wer­ke verg om die ANC om te keer.

Hier­die Ru­bi­con kan dalk selfs moei­li­ker wees as die een wat PW Bo­tha laat strui­kel het.

Maar ek hoop hul­le kry dit reg. ’n Goeie ANC (uit­ge­ba­lan­seer deur ’n goeie op­po­si­sie, in­dien ons nog so iets het) is ’n re­sep vir ’n goeie de­mo­kra­sie.

En ’n na­si­o­na­le rug­by­span wat weer re­spek af­dwing, kan nie­mand kwaad doen nie.

Is dit die sons­op­koms oor die groen-en-goud (en swart) waar­voor ons so lank ge­wag het?

As­se­blief, sê tog dit is!

‘‘

Bid jou dit aan. Ver­geet. Dat die Bok­ke speel. On­denk­baar. Ver­ge­sog.

‘‘

Waar­om leef so baie men­se, meer as 20 jaar la­ter, in sul­ke hag­li­ke om­stan­dig­he­de?

Il­lus­tra­sie: KOOS KOM­BUIS

Koos Kom­buis is ’n af­ge­tre­de pop­ster wat in subur­bia woon en won­der of daar le­we op an­der pla­ne­te is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.