Vyf les­se wat ons by Jan­nie Mou­ton kan leer

Beeld - - Middelblad - Dr. Van Rooi is se­ni­or di­rek­teur: so­si­a­le im­pak en trans­for­ma­sie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch. Leslie van Rooi

Jan­nie Mou­ton is ver­al vir sy eer­lik­heid ge­loof ná sy o­pen­ba­re aan­kon­di­ging dat hy aan de­men­sie ly. Maar Suid-A­fri­ka­ners kan veel meer by dié reus in die sa­ke­wê­reld leer:

■ Ver­trou die men­se wat in jou ver­trou – hul­le be­lê uit­ein­de­lik die mees­te in jou. Son­der ’n ge­son­de skeut ver­troue in hier­die men­se is suk­ses nie moont­lik nie. En as die ver­troue nie daar is nie, is dit baie moei­lik om ver­der te kan sien, saam met an­der te stap en uit­ein­de­lik ook vir an­der om in jou te be­lê;

■ Ver­staan kwes­baar­heid. Mou­ton ver­staan dat kwes­baar­heid nie ’n swak­heid is nie, maar eer­der ’n bou­steen van self­ver­staan wat jou in staat stel om jou blin­de­kol­le raak te sien. Kwes­baar­heid bring ’n soort egt­heid wat ver­troue by an­der kweek;

■ Moe­nie hui­wer om weer te pro­beer nie. Twee­de kan­se en oor­be­gin is deel van die fi­lo­so­fieë van die wê­reld van en­tre­pre­neur­skap. Mou­ton se le­we ge­tuig van draaie wat iets nuuts bring en pun­te wat la­ter net kom­mas ge­word het so­dat hy kon a­sem skep om ver­der te gaan;

■ Jy moet weet wat jy kán en nié kan doen nie. Dit stel jou in staat om te ont­wik­kel en jou­self, son­der voor­be­houd, met men­se te om­ring wat jou kan aan­vul. Dit is juis hul­le wat moont­lik­he­de sien wat jy dalk nie kan nie. En wat kan waar­maak wat jy op jy eie nie kan nie;

■ Leer by an­der voor jou, maar stap jou eie pad. Mou­ton be­ves­tig dat ons slegs vol­le­dig ons­self sal wees as ons saam met an­der reis. Dit be­te­ken nie om bloot in an­der se voet­spo­re te stap nie. In­teen­deel, dit stel ons juis in staat om die rig­ting te kies wat ons uit die suk­ses­se en fou­te van an­der leer.

Hier­mee kry Mou­ton dit reg om ons, on­danks wan­troue in die on­mid­del­li­ke sa­ke­om­ge­wing van Suid-A­fri­ka, te rig om nie net by een van ons top- uit­voe­ren­de hoof­de te leer nie, maar juis ook ’n po­si­tie­wer uit­kyk te hê oor een van die sa­me­le­wings­pi­la­re – die sa­ke­sek­tor.

Dit is juis hier waar we­der­syd­se ver­troue ’n groot im­pak op meer as een vlak op el­ke SuidA­fri­ka­ner sal hê. Deur sy op­tre­de is ons nou nog meer kri­ties-eer­lik met maat­skap­pye en in­stel­lings, soos S­tein­hoff, KPMG, De­loit­te en ver­skeie se­mi­staats­in­stel­lings. Hy help ons om on­der­soe­ke te eis na dit wat nie reg is nie en dit wat nie eg is nie te ver­werp.

Hy help ons voorts om, te mid­de van on­se­ker­heid oor die ge­an­kerd­heid van fi­nan­si­ë­le in­stel­lings en min ver­troue in die­ge­ne aan die stuur van groot in­stel­lings, ’n egt­heid te be­leef wat ons help om op ’n mens­li­ke ma­nier met hom te as­so­si­eer en ho­pe­lik ook om sy voor­beeld in ons eie doen en la­te te volg.

Dit is im­mers nie die eer­ste keer dat Mou­ton die i­dee van kwes­baar­heid de­mon­streer nie. In sy ou­to­bi­o­gra­fie, En toe fi­re hul­le my, ver­tel hy van die draaie in sy eie le­wens­ver­haal. Dalk is sy groot­ste les­se te vind daar­in dat ’n mens weer kan pro­beer, oor kan be­gin, nuut kan dink en werk­lik kan werk in die daar­stel van ’n SuidA­fri­ka wat be­ter­skap vir al sy men­se ver­se­ker.

Sy le­wens- en sa­ke­fi­lo­so­fie ver­teen­woor­dig ’n po­si­tie­we ver­staan van die moont­lik­he­de van ons land. Ons is dit aan hom ver­skul­dig om dié pad – ook kri­ties teen­oor hom – te kan stap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.