‘Mo­bi­li­seer, eis taal­reg­te op’

Die ‘de­kla­ra­sie van taal­reg­te vir Suid-A­fri­ka­ners’ – ’n ge­spreks­do­ku­ment om Suid-A­fri­ka­ners te help om hul taal­reg­te op te eis, is gis­ter in Jo­han­nes­burg uit­ge­reik. Dit is saam­ge­stel deur die taal­ak­ti­vis en regs­ge­leer­de Cer­neels Lou­rens. Jo­han­na van Ee­den

Beeld - - Nuus -

Die Grond­wet maak ruim voor­sie­ning vir die be­sker­ming en be­vor­de­ring van veel­ta­lig­heid, maar die re­ge­ring het oor 24 jaar klaag­lik daar­in mis­luk.

Taal­ge­meen­skap­pe moet daar­om self mo­bi­li­seer om hul reg­te op te eis.

Dít was gis­ter die kruks van ge­sprek­ke by die be­kend­stel­ling van ’n werk­do­ku­ment oor taal­reg­te.

Die regs­ge­leer­de prof. Koos Ma­lan het in sy voor­leg­ging ge­sê die Grond­wet is oor ja­re heen ge­re­du­seer tot blo­te sim­bo­liek wat ver­oor­saak het dat Suid-A­fri­ka prak­ties net een amp­te­li­ke taal het: En­gels.

Ma­lan het ver­wys na die stel­sel­ma­ti­ge ver­en­gel­sing van die staats­diens. Hy het “trans­for­ma­tis­me, nie trans­for­ma­sie nie” aan­ge­voer as re­de waar­om veel­ta­lig­heid mis­luk. Om­dat die ras­pro­fiel van die land “by el­ke diens­punt moet neer­slag vind”, dwing dit men­se om En­gels met me­kaar te praat, “ten­sy hul­le me­kaar toe­val­lig in ’n an­der taal kan ver­staan”.

Hy vra dat die werk­do­ku­ment ont­wik­kel word tot ’n vol­waar­di­ge Hand­ves van Ta­le – “nie om die Grond­wet aan te vul nie, maar om­dat dit moet in­tree vir die leem­tes wat mee­bring dat ons op om­trent el­ke o­pen­ba­re ter­rein ver­en­gels het”.

Oudregter Albie Sachs, wat by Ko­de­sa be­trok­ke was in die “maak-of-breek”-on­der­han­de­lin­ge oor taal, sê dit was des­tyds be­lang­rik dat die sta­tus van A­fri­kaans nie ver­laag word ten kos­te van En­gels nie, maar dat al­le in­heem­se ta­le op­ge­hef en uit­ge­bou moet word.

’n Ge­sprek oor veel­ta­lig­heid is ook ’n ge­leent­heid vir A­fri­kaans­spre­ken­des om te be­sin oor die án­der va­ri­ë­tei­te van A­fri­kaans, sê hy. Hy be­pleit nie dat weg­ge­doen word met S­tan­daard­a­fri­kaans nie, sê Sachs, maar A­fri­kaans het deur wit men­se in ’n se­ke­re kon­teks ont­wik­kel waar­in be­sluit is wat is goeie A­fri­kaans en wat nie.

“Die ATKV om­arm die i­dee dat A­fri­kaans be­hoort aan al­mal wat dit praat, maar ek is nie al­tyd se­ker dat dit so oor­kom nie.”

Hy het die pro­bleem van on­ge­lyk­heid in die sa­me­le­wing uit­ge­lig en sê taal kan nie ge­bruik word om kin­ders van goei­e­ge­hal­te­on­der­wys uit te sluit nie.

Du­du­zi­le K­he­thi­we Marais, ’n taal­ak­ti­vis, sê daar is geen be­te­ke­nis­vol­le toe­pas­sing van e­ni­ge wet­ge­wing wat veel­ta­lig­heid be­skerm nie en dit lei daar­toe dat En­gels oor­neem. Sy het dit toe­ge­skryf aan on­der meer ’n ge­brek aan po­li­tie­ke wil en kor­rup­sie.

Sy vra dat die ge­spreks­do­ku­ment ge­bruik word om die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing te mo­bi­li­seer. “As dit nie vir die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing was nie, het ons nou nog met Ja­cob Zu­ma ge­sit as pre­si­dent.”

Za­keera Do­crat, ’n dok­to­ra­le stu­dent in A­fri­ka­ta­le aan die R­ho­des-U­ni­ver­si­teit, sê men­se se reg op reg­ver­di­ge ver­ho­re word be­na­deel om­dat hul­le in ho­we nie in hul moe­der­taal kan kom­mu­ni­keer nie. Sy is erg kri­ties oor hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng se on­lang­se “een­sy­di­ge be­sluit” dat En­gels voort­aan die taal van re­kord in ho­we sal wees.

Sy be­stem­pel dit as die uit­slui­ting van A­fri­kaans, “nie tot voor­deel van A­fri­ka­ta­le nie, maar tot voor­deel van En­gels – ’n taal wat nie in e­ni­ge pro­vin­sie deur die meer­der­heid van men­se ge­praat word nie”.

Dr. Con­rad S­teen­kamp, uit­voe­ren­de hoof van die A­fri­kaan­se Taal­raad, sê die staat be­stem­pel taal as ’n pro­bleem ter­wyl dit ’n hulp­bron moet wees. ’n Deel van die pro­bleem is wan­op­vat­tings oor die waar­de van En­gels en “ne­ga­tie­we op­vat­tings en selfs woe­de” oor A­fri­kaans.

Paul Col­ditz, uit­voe­ren­de hoof van die Fe­de­ra­sie van Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se S­ko­le (Fed­s­as), sê ten spy­te van die “po­si­tie­we ver­plig­ting” op die staat om veel­ta­lig­heid te be­vor­der, het die on­der­wys­sek­tor oor die ja­re heen ver­en­gels.

Die ANC se be­leids­be­sluit in Man­gaung in 2012 – om ’n A­fri­ka­taal ver­plig­tend te maak op skool­vlak – het “klaag­lik mis­luk” om­dat daar geen po­li­tie­ke wil is nie. Men­se dink uit on­kun­de En­gels is die taal van as­pi­ra­sie, sê Col­ditz.

Dr. Dan­ny Ti­tus, die ATKV se uit­voe­ren­de hoof vir kor­po­ra­tie­we aan­ge­leent­he­de, sê daar is nog nie dui­de­lik­heid oor wat die uit­ein­de­li­ke sta­tus van die do­ku­ment gaan wees nie, maar dat dit dui­de­lik moet wees die ge­sprek gaan nie oor een spe­si­fie­ke taal nie, maar oor ál die ta­le.

Vol­gens hom word kos­te dik­wels aan­ge­voer as re­de waar­om veel­ta­lig­heid nie moont­lik is nie.

“Die vraag is wat die prys is wat ons daar­voor be­taal.”

Die do­ku­ment gaan nou ver­sprei word vir ver­de­re in­set­te en sal ook op die ATKV se web­werf be­skik­baar wees.

K­he­ti­we Marais sê die do­ku­ment moet ook aan swart me­nings­vor­mers ge­stuur word. “Swart men­se sien taal as ’n ge­sprek wat ver­wy­der staan van hul al­le­daag­se be­staan. Hul­le be­sef nie hoe dit hul­le raak nie.”

Man­zo K­hu­lu, ’n taal­prak­ti­syn, sê hóé erns­tig A­fri­kaan­se men­se ook al daar­oor is, is dit nie ’n pro­bleem waar­oor swart Suid-A­fri­ka­ners op­ge­won­de raak nie.

“Om iets te ver­loor wat jy ge­had het, is moei­li­ker as om na iets te as­pi­reer wat jy nooit ge­had het nie.”

‘‘

Die ATKV om­arm die i­dee dat A­fri­kaans be­hoort aan al­mal wat dit praat, maar ek is nie al­tyd se­ker dat dit so oor­kom nie.

— OUDREGTER ALBIE SACHS,

Fo­to: CRAIG NIEUWENHUIZEN

Cer­neels Lou­rens, sa­me­stel­ler van die “de­kla­ra­sie van taal­reg­te vir al­le Suid-A­fri­ka­ners”.

Albie Sachs

Dr. Dan­ny Ti­tus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.