‘Uit­voer­ba­re plan­ne no­dig’

‘Fo­kus is voor­ko­ming van mis­daad op pla­se’

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

As daar nie sta­bi­li­teit in boe­re­ge­meen­skap­pe is nie weens plaas­moor­de en vee­dief­stal, sal dit ’n erns­ti­ge uit­wer­king op ver­skeie sek­to­re in die land hê.

“Hier­die voort­du­ren­de vlaag van mis­da­di­ge aan­val­le op boe­re­ge­meen­skap­pe ver­oor­saak erns­ti­ge ska­de en on­se­ker­heid wat moont­lik werk­ge­leent­he­de, e­ko­no­mie­se groei en voed­sel­se­ker­heid kan raak. Dit kan nie daar ge­laat word nie,” het Mi­ke Mlengana, di­rek­teur-ge­ne­raal van land­bou, bosbou en visserye, gis­ter op ’n beraad oor plaas­moor­de en vee­dief­stal in P­re­to­ria ge­sê.

Die beraad is deur die de­par­te­ment van land­bou, bosbou en visserye aan­ge­bied om “op­los­sings” vir on­der meer lan­de­li­ke vei­lig­heid te pro­beer vind.

Rol­spe­lers wat on­der meer teen­woor­dig is, is TLU SA, A­gri SA, die A­fri­can Far­mers’ As­so­cia­ti­on of South A­fri­ca (Af­sa), A­friForum, die po­li­sie en die Men­se­reg­te­kom­mis­sie.

Mlengana sê die doel van die beraad is om met uit­voer­ba­re plan­ne vo­ren­dag te kom om plaas­moor­de en mis­da­de op pla­se s­top te sit. “Ons sal die plan­ne aan die mi­nis­ter voor­lê en ons hoop om dan die plan­ne deel te maak van die be­gro­ting so­dat ons dit kan uit­voer.”

Mlengana sê die hoof­fo­kus is op die voor­ko­ming van mis­da­de op pla­se, maar as die mis­da­de wel plaas­vind, “moet die oor­tre­ders tronk toe gaan so­dat hul­le kan sien dat hul­le vir hul mis­da­de teen­oor die mens­dom en die e­ko­no­mie” moet boet.

Op die beraad het ver­skeie rol­spe­lers saam­ge­stem dat een van die oor­sa­ke van plaas­moor­de en an­der mis­da­de op pla­se ’n ge­volg is van grond­loos­heid.

Ernst Roets, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van A­friForum, het op ’n vraag-en-ant­woord-ge­leent­heid voor­beel­de ge­noem van men­se wat in plaas­aan­val­le dood is. Hy wou on­der meer weet waar­om die mo­ti­ve­ring vir grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding is dat wit men­se te veel grond be­sit. Hy het ver­der ge­vra waar­om die EFF toe­ge­laat word om die lied­jie met die woor­de “kill the Boer, kill the far­mer” te sing.

Mlengana sê po­li­ti­ci moet leer om vre­de te be­vor­der. “‘Kill the Boer’ is nie op wit men­se ge­rig nie. Ek is ook ’n boer en dié li­rie­ke gee my ook aan­stoot. Dit is hoe­kom ons hier is van­dag, om

‘‘

‘Kill the Boer’ is nie op wit men­se ge­rig nie. Ek is ook ’n boer en dié li­rie­ke gee my ook aan­stoot. Dit is hoe­kom ons hier is van­dag, om op­los­sings te vind.

—MIK E MLENGANA, DI­REK­TEUR GE­NE­RAAL VAN LAND­BOU, BOSBOU EN VISSERYE

op­los­sings te vind.”

Wil­lem P­re­to­ri­us van A­gri Gau­teng sê die “hit­te” om die be­spre­kings oor grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding “moet af­ge­draai word so­dat daar aan ’n ra­si­o­na­le nu­we Suid-A­fri­ka ge­bou kan word”.

“Daar is baie pyn aan al­bei kan­te, men­se se sie­le moet ge­nees word. Om­dat ons van ver­skil­len­de ag­ter­gron­de kom, moet ons leer om na me­kaar te luis­ter.”

Dr. Vuyo Mahla­ti, hoof van Af­sa, sê daar moet meer ge­fo­kus word op vrou­e­boe­re en -plaas­wer­kers.

“Ons suk­kel met ’n erns­ti­ge pro­bleem met die moorde op vroue, wat vrou­e­boe­re in­sluit. Ons le­we in ’n wê­reld waar twee der­des van al­le ge­sin­ne deur ’n en­kel­vrou on­der­hou word.

“Fa­mi­lie is die mid­del­punt van boer­de­rye en ons moet ons vroue in dié op­sig on­der­steun,” sê sy.

Die po­li­sie het ’n voor­leg­ging aan­ge­bied om rol­spe­lers in te lig hoe die po­li­sie se stra­te­gie vir lan­de­li­ke vei­lig­heid werk.

Kol. C­har­mai­ne Mul­ler sê al­le po­li­sie­kan­to­re in lan­de­li­ke ge­bie­de voer nog nie hier­die stra­te­gie uit nie, ver­al in die Oos-Kaap en Lim­po­po.

“S­tap­pe sal bin­ne­kort ge­doen word om die stra­te­gie in al­le lan­de­li­ke po­li­sie­kan­to­re af te dwing.”

Sy is bly dat mis­da­di­gers wat aan plaas­moor­de skul­dig be­vind word swaar tronk­straf ont­vang, som­mi­ge selfs le­wens­lank.

Dit is die twee­de keer se­dert 2016 dat die de­par­te­ment van land­bou, bosbou en visserye ’n beraad oor plaas­moor­de hou. Die beraad duur van­dag voort.

Fo­to: JA­COB ROOI

Mi­ke Mlengana, di­rek­teur-ge­ne­raal van land­bou, bosbou en visserye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.