Noord en Suid voer mi­li­tê­re ge­sprek­ke

Beeld - - Wêreld-beeld -

Die weer­mag­te van Noord- en Suid-Ko­rea het gis­ter vir die eer­ste keer in meer as ’n de­ka­de reg­streeks met me­kaar ge­praat.

Twee ge­ne­raals van el­ke weer­mag het ver­ga­der net ’n paar dae na­dat pres. Do­nald Trump van die VSA op sy beraad met Kim Jong-oen van Noord-Ko­rea on­der­neem het om die ge­sa­ment­li­ke ge­vegs­oe­fe­nin­ge van die A­me­ri­kaan­se en Suid-Ko­re­aan­se mag­te te staak.

Gis­ter se ge­sprek het in die dor­pie Pan­moen­jom in die ge­de­mi­li­ta­ri­seer­de ge­bied tus­sen die twee lan­de plaas­ge­vind.

Die ver­ga­de­ring tus­sen die ge­ne­raals sou aan­vank­lik in Mei plaas­ge­vind het, maar is toe af­ge­stel. Noord-Ko­rea het ge­wei­er om daar­mee voort te gaan uit pro­tes teen die voort­set­ting van die VSA en Suid-Ko­rea se ge­vegs­oe­fe­nin­ge.

Trump se een­sy­di­ge be­lof­te dat die oe­fe­nin­ge ge­staak sal word, het Suid-Ko­rea on­kant be­trap, maar sy amp­te­na­re het gis­ter ge­sê dit is die reg­te stap tot­dat ge­sprek­ke met Noord-Ko­rea ge­voer word.

Lt.genl. Ahn Iel-san, een van Noord-Ko­rea se af­ge­vaar­dig­des, sê die ge­sprek is vroe­ër af­ge­stel weens ’n “wind van voor”, maar in die toe­koms sal hul­le strui­kel­blok­ke met we­der­syd­se be­grip en in die gees van die Sin­ga­poer­be­raad oor­kom.

Genl.maj. Kim Do-gjoen van Suid-Ko­rea sê hul­le sal ook ’n oop te­le­foon­lyn tus­sen die twee lan­de se weer­mag­te be­spreek.

Fo­to: REUTERS

Genl.maj Kim Do-gjoen (links) en lt.genl. Ahn Iel-san skud hand voor­dat hul­le gis­ter met amp­te­li­ke ge­sprek­ke be­gin het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.