I­ta­lië en Frank­ryk weer kri­sis af oor mi­gran­te

Beeld - - Wêreld-beeld - – Reuters

Die lei­ers van Frank­ryk en I­ta­lië het ’n di­plo­ma­tie­ke kri­sis tus­sen dié twee Eu­ro­pe­se lan­de af­ge­weer na­dat laas­ge­noem­de ge­wei­er het om ’n skip vol A­fri­ka­vlug­te­lin­ge te help.

Die skip die MV A­qua­ri­us, met so­wat 600 men­se aan boord, het vroe­ër en­jin­pro­ble­me ont­wik­kel en hul­pe­loos langs die kus van I­ta­lië ge­lê.

Gi­u­sep­pe Con­te, pre­mier van I­ta­lië, het gis­ter­og­gend ge­sê sy be­plan­de ge­sprek met pres. Em­ma­nu­el Ma­cron gaan van­dag voort.

Hy wou dit eer­gis­ter af­stel na­dat Ma­cron ge­sê het I­ta­lië tree “on­ver­ant­woor­de­lik” en “si­nies” op.

I­ta­lië het Frank­ryk se am­bas­sa­deur eer­gis­ter ont­bied en Gi­o­van­ni T­ria, mi­nis­ter van fi­nan­sies, het ’n ver­ga­de­ring met sy amps­ge­noot in Pa­rys ge­kan­sel­leer.

Mat­teo Sal­vi­ni, I­ta­li­aan­se mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke, sê sy land hoef “niks oor wel­wil­lend­heid, vry­wil­li­ge diens, so­li­da­ri­teit of hoe om ie­mand te ver­wel­kom” by ’n an­der land te leer nie.

Ma­cron het Con­te eer­gis­ter­aand ge­bel en hul­le het dit uit­ge­praat.

Lui­dens ’n I­ta­li­aan­se ver­kla­ring het Ma­cron be­klem­toon hy wou nooit I­ta­lië “of die I­ta­li­aan­se volk” in die ge­sig vat nie.

“Ma­cron en Con­te het saam­ge­stem dat dit nood­saak­lik is om voort te gaan met ge­sprek­voe­ring om­dat die Eu­ro­pe­se U­nie se beraad ein­de van­dees­maand plaas­vind.”

Die skip is in­tus­sen her­stel en on­der­weg na S­pan­je, on­der be­ge­lei­ding van I­ta­li­aan­se vloot­ske­pe.

Pres. Em­ma­nu­el Ma­cron

Gi­u­sep­pe Con­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.