Vrou se kop sit in uit­laat­pyp vas by fees

Beeld - - Wêreld-beeld -

’n 19-ja­ri­ge A­me­ri­kaan­se vrou moes ge­red word na­dat haar kop by ’n coun­try­mu­siek­fees in ’n bak­kie se ek­stra­groot uit­laat­pyp vas­ge­sit het.

’n Vi­deo van hoe die uit­laat­pyp met ’n e­lek­trie­se saag oop­ge­saag word, het van­dees­week die ron­de be­gin doen.

“Hoe­veel al­ko­hol vat dit om jou kop in ’n die­sel­bak­kie se uit­laat­pyp te kry?” het die per­soon wat die vi­deo ge­neem het oor Kait­lyn S­trom van Min­ne­so­ta se blaps by die Win­stock-mu­siek­fees ge­skryf.

Boon­op is sy na­dat sy be­vry is, be­boet om­dat sy te jonk is om al­ko­hol te ge­bruik.

S­trom het la­ter ’n fo­to van haar­self met die stuk­kie uit­laat­pyp op Facebook ge­plaas. “Ons het net lek­ker ge­kui­er en toe sien ek hier­die groot uit­laat­pyp en ek won­der: ‘Hei, my kop sal waar­skyn­lik daar­in kan pas.’

“Toe pro­beer ek dit. Dit het ge­pas, maar wou nie weer uit­kom nie,” het sy aan die koe­rant Hut­chin­son Le­a­der ge­sê.

Sy is na so­wat 45 mi­nu­te be­vry. Sy sê die bak­kie se ei­e­naar was glad nie kwaad nie. “Hy het ge­sê: ‘Ek is bly jy het nie seer­ge­kry nie.’ Hy was won­der­lik.”

– News24, Huf­fing­ton Post

Fo­to: FACEBOOK

’n G­reep uit ’n vi­deo waar die mei­sie se kop in die uit­laat­pyp vas­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.