Troos­kos-e­le­men­te op dié spys­kaart

Beeld - - Vrydag - Teré­sa Coet­zee

Mat­thew Foxon, uit­voe­ren­de sjef van die re­stau­rant Le­vel Four by die 54 on Bath-ho­tel, het on­langs die re­stau­rant se splin­ter­nu­we win­ter­spys­kaart be­kend ge­stel en dit is fyn­proe­wers­kos op sy bes­te.

“Ek het spe­si­fiek ge­fo­kus op smaak­li­ke troos­kos-e­le­men­te wat ver­meng is met op­win­den­de geur­kom­bi­na­sies ter­wyl ek van die heel bes­te sei­soe­na­le be­stand­de­le ge­bruik maak,” sê Foxon.

Die mees­te van die vars pro­duk­te soos die mi­kro­kruie, kruie en groen­te kom van ’n wê­reld­klas­plaas in O­li­fants­fon­tein.

Vir voor­ge­reg het ek die mi­so-sous, pan­ge­braai­de kam­mos­sel, T­hai­se rooi­ker­rie en ge­pe­kel­de ba­ba­groen­te be­stel. Die kam­mos­sel met sous het ’n heer­li­ke geur ge­had.

Foxon het my skaam­te­loos oor­tuig dat min an­der sjefs by hom kan kers vas­hou as dit by ri­sot­to kom. En hy was reg.

Sy por­ci­ni-en-blom­kool­ri­sot­to met truf­fel­kro­ket­te en -o­lie was uit­son­der­lik en die geu­re het in ’n mens se mond ge­dans.

Ek was aan­vank­lik bang dat die truf­fel­o­lie die ri­sot­to te ryk sou maak, maar dit was hoe­ge­naamd nie die ge­val nie en die smaak was sub­tiel.

Vir vleis­e­ters is daar ’n jer­sey­bees­fi­let met ge­smoor­de kor­t­rib, ba­bauit­jies, knof­fel en aar­tap­pels, waar­oor my ta­fel­ge­no­te gaan­de was.

Vir na­ge­reg het ek die de­ka­den­te sjo­ko­la­de­staaf be­stel met pam­poen­mous­se, ka­ra­mel en pam­poen­sor­bet. Hier­die sor­bet is dees­dae die in ding en ’n mens sien dit ge­reeld op spys­kaar­te.

Le­vel Four is be­slis die plek as jy op soek is na ’n in­tie­me at­mos­feer om ie­mand spe­si­aal te be­derf of te be­ïn­druk. Die kos is uit­son­der­lik en die diens goed.

Fo­to: CINDY ELLIS

Die bees­fi­let is maar net een van die ge­reg­te wat jou mond sal laat wa­ter by die re­stau­rant Le­vel Four by die 54 on Bath-ho­tel in Ro­se­bank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.