S­chus­ter pak re­nos­ter­stro­pe­ry vrees­loos aan in nu­we fliek

Beeld - - Vrydag -

Die grap­jas Le­on S­chus­ter pak re­nos­ter­stro­pe­ry in sy nu­we rol­prent, Frank & Fe­ar­less.

Maar wag, dis steeds ’n ko­me­die vol snaak­se voor­val­le en sy eer­ste fliek se­dert S­chuks! Pay Back the Mo­ney van drie jaar ge­le­de. Die fliek, wat op 23 No­vem­ber met Gray Hof­meyr as me­de­skry­wer en re­gis­seur uit­ge­reik word, be­vat eg­ter ’n om­stre­de dog in­spi­re­ren­de sto­rie­lyn.

Dit speel in A­fri­ka af waar ’n hart­li­ke ou man, Son­ny Frank (S­chus­ter), en ’n tien­ja­ri­ge plat­te­land­se seun, Fe­ar­less (T­hem­ba N­tu­li), be­sluit om Suid­oosA­sië se am­bas­sa­deur te ont­voer in ’n po­ging om die uit­moor van re­nos­ters s­top te sit.

Twee vier­po­ti­ges is saam met hul­le op hier­die sen­ding, wat by­dra tot die pret en hart van die ver­haal. Rei­ni is ’n re­nos­ter­kal­fie wie se ma deur stro­pers dood­ge­maak is en Dog is Fe­ar­less se lo­ja­le swart brak.

Wan­neer din­ge eg­ter skeef­loop, word hul­le ge­dwing om ’n pe­lo­ton ge­na­de­lo­se stro­pers aan te vat, on­der wie die skrik­wek­ken­de voor­ma­li­ge wild­be­waar­der Dolf (Ken­neth N­ko­si), met wie Frank ’n ge­skie­de­nis het. El­ke ka­rak­ter het na­tuur­lik ook ’n per­soon­li­ke reis.

N­tu­li is be­kend om sy rol in die rol­prent Meer­kat maan­tuig deur die re­gis­seur Han­ne­ke S­chut­te wat vroe­ër van­jaar uit­ge­reik is.

An­der spe­lers sluit in K­ha­nyi M­bau (Hap­pi­ness Is a Four-Let­ter Word), Jen­ni­fer S­teyn (On­der draai die dui­wel rond, Ma­dam and Eve) en Da­vid Den­nis (Soul Ci­ty).

Frank & Fe­ar­less is ver­vaar­dig deur An­dré S­choltz en Men­zi T­ha­be­de in sa­me­wer­king met M-Net, Chro­me Films, die de­par­te­ment van han­del en ny­wer­heid en die ny­wer­heids­ont­wik­ke­lings­kor­po­ra­sie.

Fo­to: DEHAN JAN­SE VAN RENS­BURG

T­hem­ba N­tu­li en Le­on S­chus­ter in Frank & Fe­ar­less.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.