‘Gee men­se dít wat hul­le wil hoor’

De­ca is een van die min suk­ses­vol­le in­stru­men­ta­le mu­siek­groe­pe in ons land en die re­de is nie net hul lief­de vir mu­siek nie, maar ook hul vol­har­ding in die moei­li­ke be­dryf. Deur Teré­sa Coet­zee.

Beeld - - Vrydag -

Om ’n suk­ses­vol­le in­stru­men­ta­le groep in ons land te wees, is nie al­dag mak­lik nie, maar die 35-ja­ri­ge Douw S­teyn, ki­taar­spe­ler van die duo De­ca, hou vol dat hy en sy vriend Her­man S­teyn lank­al be­sef het dis be­ter as hul­le twee nie sing nie. Hul­le moet mu­siek maak met in­stru­men­te, en dit is dit.

Mu­siek loop diep in Douw se are en as die seun van die mu­siek­le­gen­de Chris­ta S­teyn is hy van voor sy ge­boor­te af al aan mu­siek bloot­ge­stel. Om­dat Chris­ta haar eie a­tel­jee by hul huis ge­had het, het Douw la­ter ja­re sy ma se op­na­mes ge­doen.

“My ma het my die ge­leent­heid ge­gee om par­ty van haar lied­jies en op­na­mes heel­te­mal te ver­woes. Maar dis reg­tig die e­nig­ste ma­nier hoe ’n mens leer,” sê Douw.

Ná s­kool het hy aan die Pot­chef­stroom­se U­ni­ver­si­teits­kol­le­ge gaan stu­deer. Daar­na het hy in Lon­den gaan werk en die wê­reld be­reis. Hy was 21 toe hy te­rug­ge­kom en vol­tyds in die a­tel­jee be­gin werk het.

Die af­ge­lo­pe 15 jaar het hy be­ken­de san­gers soos Coe­nie de Vil­liers, Chris C­ha­me­le­on, An­na Da­vel en Lau­ri­ka Rauch se mu­siek op­ge­neem.

Tus­sen­deur het hy en Her­man hul eie in­stru­men­ta­le groep, De­ca, be­gin. Her­man be­speel die vi­ool. Die twee toer die he­le land vol.

“Die groot­ste uit­da­ging in ons be­dryf is om re­le­vant te bly,” sê Douw. “As jy mu­siek wil maak vir ’n le­we, moet jy vir men­se gee wat hul­le wil hoor.”

Reeds na­dat Douw en Her­man hul eer­ste al­bum uit­ge­reik het, het hul­le me­kaar be­gin vra hoe hul­le die al­bum gaan be­mark. Hul­le het in win­kel­sen­trums be­gin mu­siek maak en bin­ne drie maan­de het hul­le be­spre­kings ge­kry.

“Ons trek glad nie ons neu­se op om in ’n win­kel­sen­trum te gaan speel nie. Ek doen wat my pas­sie is, ek maak mu­siek vir ’n le­we en ek gee reg­tig nie om waar ek dit moet maak om aan die le­we te bly nie. Ons word die he­le tyd vir kor­po­ra­tie­we op­tre­des be­spreek en ons doen waar­voor ons lief is,” sê Douw.

Hy sê die mu­siek wat hul­le maak, is am­per soos glo­ri­fied ag­ter­grond­mu­siek. “Ons speel po­pu­lê­re goed, mu­siek waar­van men­se hou en waar­mee hul­le kan i­den­ti­fi­seer.”

Ter her­in­ne­ring aan Chris­ta

Hier­die af­ge­lo­pe week, op 12 Ju­nie, is Douw se ma al ses jaar oor­le­de. Sy het bors­kan­ker ge­had wat ver­sprei het, hoe­wel sy ’n moe­di­ge stryd ge­stry het.

“My ma se dood sal my al­tyd raak. Dit bly al­tyd erg. Maar ek kry dit meer en meer reg om al daar­die pyn­li­ke her­in­ne­rin­ge uit my kop te skuif. Ek ont­hou al meer die goeie tye, wat­ter mooi vrou sy was.

“Ek het baie ge­leer uit my ma se siek­te. Daar was ’n tyd toe ek reg­tig baie kwaad was. Ek was kwaad om­dat sy so moes ly, kwaad om­dat sy so vroeg van ons weg­ge­vat is. My ma wou nie dood­gaan nie. Sy het dan op haar sterf­bed ge­lê en vir my ge­sê daar was nog so baie wat sy nog wou doen.

“Ek wou nog vir 30 jaar saam met my ma mu­siek ge­maak het,” sê Douw.

Hy ver­tel hoe­veel deu­re sy ma vir hom in die mu­siek­wê­reld oop­ge­maak het. Nou nog kom men­se na hom toe en ver­tel hom wat­ter won­der­li­ke vrou en mu­si­kant sy was.

“Een van die be­lang­rik­ste les­se wat ek by my ma ge­leer het, is om ne­de­rig te bly. En om nooit één dag in jou le­we óf jou ge­sond­heid as van­self­spre­kend te aan­vaar nie,” voeg hy by.

Die in­stru­men­ta­le groep De­ca met Douw en Her­man S­teyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.