NDBV wil in­ter­dik kry teen uit­voer van leeuske­let­te

Beeld - - NUUS - E­li­se Tem­pel­hoff

Die Na­si­o­na­le Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (NDBV) gaan vra om ’n hof­in­ter­dik om Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, en haar de­par­te­ment te keer om per­mit­te toe te staan vir die uit­voer van 1 500 leeuske­let­te na die Oos­te.

Este Kot­ze, uit­voe­ren­de ad­junk­hoof van die NDBV, het gis­ter ge­sê dié die­re­wel­syn­or­ga­ni­sa­sie is in­tus­sen nog be­sig met ’n saak teen Mo­le­wa en haar de­par­te­ment oor hul be­sluit van ver­le­de jaar om per­mit­te toe te staan vir die uit­voer van 800 leeuske­let­te.

Die NDBV het ver­le­de jaar met reg­stap­pe teen Mo­le­wa en die de­par­te­ment be­gin om uit te vind hoe die ge­tal van 800 be­paal is en om dié be­sluit ter­sy­de ge­stel te kry.

Ver­skeie an­der as­pek­te oor dié be­sluit is nog deel van die hof­saak.

Die saak was nog nie eens voor die hof nie, sê Kot­ze.

Na­dat die jong­ste “een­sy­di­ge” be­sluit – oor die 1 500 leeuske­let­te wat nou uit­ge­voer mag word – uit­ge­lek het, het die NDBV be­sluit die tyd is ryp vir ’n in­ter­dik.

Kot­ze sê die NDBV be­stem­pel die nu­we kwo­ta as on­wet­tig om­dat die kon­sul­ta­sie­pro­ses wat deur die wet ver­eis word nie ge­volg is nie.

Dié as­pek word ook dui­de­lik uit­een­ge­sit in die eer­ste hof­saak teen die de­par­te­ment.

Die NDBV meen die on­lang­se be­sluit is ir­ra­si­o­neel en dat daar geen we­ten­skap­li­ke gron­de daar­voor be­staan nie.

“Daar is be­wy­se dat die so­ge­naam­de wet­ti­ge han­del in leeu­been­de­re ook as skui­wer­gat ge­bruik word vir die on­wet­ti­ge han­del in tier­been­de­re.

“Tie­re is op die rand van uit­wis­sing. Ons is be­kom­merd daar­oor dat leeus die­self­de pad as tie­re gaan loop. Ons meen dié as­pek is glad nie in ag ge­neem toe daar op hier­die kwo­ta be­sluit is nie.

“Daar is ’n we­sen­li­ke ri­si­ko dat Suid-A­fri­ka se leeus kan uit­sterf. Daar is geen ruim­te vir eks­pe­ri­men­te­le kwo­tas wan­neer die ge­vol­ge (van so ’n be­sluit) uit­loop op wreed­aar­di­ge leeuslag­pla­se nie.”

Die NDBV wys in ’n ver­kla­ring daar­op dat hy fo­to­gra­fie­se be­wy­se het van die be­staan van hier­die leeuslag­pla­se.

Mo­le­wa het in Ju­nie ’n brief aan Man­ket­si Tl­ha­pe, Noord­wes se LUR vir lan­de­li­ke, om­ge­wing­sen land­bou-ont­wik­ke­ling, ge­stuur oor die ho­ër uit­voer­kwo­ta vir leeuske­let­te.

Die brief is in Ju­lie aan die me­dia uit­ge­lek. Mo­le­wa skryf daar­in dat die kwo­ta deur on­der meer die Na­si­o­na­le Bi­o­di­ver­si­teits­in­sti­tuut (San­bi) be­paal is. Sy er­ken ook in die brief dat geen o­pen­ba­re deel­na­me­pro­ses ge­volg is voor­dat op dié kwo­ta be­sluit is nie.

Al­bi Mo­di­se, woord­voer­der van die de­par­te­ment, sê hy is nog nie be­wus van e­ni­ge reg­stap­pe in dié ver­band nie.

‘‘ Daar is be­wy­se dat die so­ge­naam­de wet­ti­ge han­del in leeu­been­de­re ook as skui­wer­gat ge­bruik word vir die on­wet­ti­ge han­del in tier­been­de­re. Tie­re is op die rand van uit­wis­sing.

— ESTE KOT­ZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.