‘Dis net ge­na­de’

Ver­lam­de kry hulp by s­pan kun­di­ges

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

’n Jong vrou wat se­we jaar lank met vier oop druksere ge­suk­kel het, is ge­nees na­dat sy hulp by ’n s­pan kun­di­ges in Kaap­stad ge­kry het.

Haar druksere was van so ’n aard dat geen an­ti­bi­o­ti­ka meer daar­voor ge­help het nie, sê dr. Nick Kai­ri­nos, plas­tie­se en re­kon­struk­tie­we chi­rurg van die Ne­t­ca­re Chris­ti­aan Bar­nard-ge­denk­hos­pi­taal.

A­leeza S­teyn (19) is gis­ter ont­slaan na­dat sy se­dert De­sem­ber ver­le­de jaar in dié hos­pi­taal se ge­vor­der­de een­heid vir wond­ver­sor­ging was.

Toe sy drie jaar oud was, het haar pa, An­dré, per on­ge­luk oor haar ge­ry toe sy uit hul mi­ni­bus ge­val het. Se­dert­dien is sy van die mid­del­lyf af on­der­toe ver­lam.

Haar ma, Li­ze, sê niks kan hul­le meer on­der­kry nie, want ’n ruk ná die on­ge­luk is An­dré dood toe hy hom­self per on­ge­luk met ’n krag­op­wek­ker ge­skok het. “Dit is net ge­na­de dat ons deur dit al­les is.”

Leu­ke­mie is ver­le­de jaar by A­leeza se een broer, E­mil (17), ge­di­ag­no­seer en hy moes ’n been­murg­oor­plan­ting kry. Die ge­sin, wat in Ge­or­ge woon, kan nie wag om huis toe te gaan na­dat hul­le so lank in Kaap­stad moes deur­bring nie.

“Ek het al­tyd ge­dink dit is nie so erg om lank in die hos­pi­taal te wees nie. Tot­dat ek self siek was. Ek het so­veel re­spek vir my sus­ter ge­kry,” sê E­mil.

Kai­ri­nos sê A­leeza se vier druksere wou nie ge­nees nie. “As ’n mens lank ’n oop wond het, ont­wik­kel die bak­te­rieë weer­stand. Sy het al die erg­ste bak­te­rieë ge­had ná al die ja­re.”

Wan­neer ie­mand in die een­heid op­ge­neem word, word die wond as ’n vars een ge­han­teer en de­le daar­van word dus weg­ge­sny.

El­ke druk­seer word an­ders ge­han­teer. Twee van die vier druksere wat A­leeza ge­had het, was baie groot. Een in haar lies is met va­kuum-wond­be­dek­kings be­han­del en daar­na is weef­sel van haar ab­do­men ge­bruik om dit toe te maak.

Die an­der groot druk­seer was op haar boud en is met weef­sel van haar boud be­dek. Daar was nog een op haar en­kel en een op haar been.

Kai­ri­nos sê daar is ’n s­pan kun­di­ges in ver­skil­len­de vak­rig­tings wat deel van die wond­ver­sor­gings­een­heid is. Hul­le be­spreek die be­han­de­ling el­ke drie we­ke saam en dit is hoogs suk­ses­vol, ook om am­pu­ta­sies by pa­si­ën­te met di­a­be­tes te voor­kom.

“Ons kan nie wag om huis toe te gaan nie. Dis on­ge­loof­lik, ek kan jou nie sê nie,” sê A­leeza.

Fo­to: EL­SA­BÉ B­RITS

Dr. Nick Kai­ri­nos, plas­tie­se en re­kon­struk­tie­we chi­rurg, A­leeza S­teyn en haar ma, Li­ze S­teyn. A­leeza, wat se­dert sy drie jaar oud was, ver­lam is, het vier druksere ge­had wat ge­nees is ná be­han­de­ling van ne­ge maan­de in die Ne­t­ca­re Chris­ti­aan...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.