‘7de Laan’ loop deur oor Die­de­rik-hul­le

‘Ver­neuk­spul’ pla men­se ook

Beeld - - VOORBLAD - Eu­ge­nie G­re­gan Die­de­rik (ver­tolk deur Hen­nie Ja­cobs) word ge­gri­meer vir 7de Laan se Vrou­e­dag-e­pi­so­de.

Fopdossery en ’n ver­neuk­spul in Don­der­dag­aand se e­pi­so­de van 7de Laan het som­mi­ge ky­kers warm on­der die kraag ge­had.

Ver­skeie ky­kers het SMS’e aan Beeld ge­stuur waar­in hul­le sê die se­pie is nie meer ge­skik­te kyk­stof vir ge­sin­ne nie.

In dié e­pi­so­de, wat ’n sterk Vrou­e­dag-te­ma ge­had het, pro­beer vyf mans hul­self in vroue se skoe­ne plaas deur vir ’n dag lank fop­dos­ser te speel.

Die­de­rik (ver­tolk deur Hen­nie Ja­cobs), Mar­ko (Fran­cois Lens­ley), An­dré (Mar­cus Mul­ler), Fi­ka­ni (Ni­cho­las N­ku­na) en Ri­kus (An­dré Lot­ter) dra prui­ke, swaar gri­me­ring, rok­ke en ho­ë­hak­skoe­ne ter­wyl hul­le dans­pas­sies in die Laan uit­voer.

Vol­gens Ro­sa le Roux, 7de Laan se woord­voer­der, was die fopdossery tong in die kies en moet ky­kers dit nie uit ver­band ruk nie.

“Ons wou wys hoe fan­tas­ties vroue is en hoe hard hul­le werk. Dit was ’n pret­ti­ge ma­nier om hul­de aan vroue te bring.”

Ky­kers is ook kwaad oor die twee nu­we ka­rak­ters Ti­ne­ke (T­rix Vi­vier) en Mo­ni­que (Lei­den Col­bet) se ma­ne­wa­les.

In die e­pi­so­de be­raam Mo­ni­que ’n slink­se plan dat Vin­ce (Ja­c­ques B­lig­naut) Ag­gie (Mi­mi Mahla­se­la) skyn­baar kaal in sy half­broer, Jus­tin (Dann-Ja­c­ques Mou­ton), se arms be­trap.

Wil­lem (Mar­kus Ha­y­wood) word ook deur Ti­ne­ke ver­lei en ver­neuk uit­ein­de­lik sy vrou.

Een le­ser be­skryf die e­pi­so­de as “siek, siek, siek”, ter­wyl ’n an­der meen 7de Laan moet eer­der Ag­ter­ste Laan heet.

’n On­der­wy­se­res van U­ping­ton sê haar gr. 1-klas kyk el­ke dag

7de Laan en die skry­wers moet be­sef hul­le het ’n ver­ant­woor­de­lik­heid.

“Kan 7de Laan met sy sme­ri­ge slaap­ka­mer­sto­ries nie maar heel­wat la­ter ver­toon word nie?” vra ’n an­der le­ser.

Oor dié in­tri­ges sê Le Roux die se­pie pro­beer al­tyd al­le­daag­se ge­beu­re by sy sto­rie­ly­ne in­werk.

“Dis nie ’n nu­we ding nie; baie ka­rak­ters het me­kaar al in die ver­le­de in die se­pie ver­neuk.”

Vol­gens Le Roux het 7de Laan ’n ou­der­doms­perk van 13, maar dié be­per­king geld nie nood­wen­dig vir el­ke e­pi­so­de nie.

Ky­kers word ook ge­waar­sku wan­neer daar dalk ge­weld in ’n e­pi­so­de gaan wees.

Sy het aan­han­gers ge­vra om ge­dul­dig te wees met Ti­ne­ke en Mo­ni­que se sto­rie­ly­ne om­dat dit deel van gro­ter in­tri­ges in die se­pie is.

“Ons skry­wers vat maan­de om sto­rie­ly­ne uit te werk en se­ker te maak die ge­beu­re speel in­te­res­sant uit.

“Dit sal gou dui­de­lik word hoe­kom die ka­rak­ters so op­tree.

“Ky­kers moet net el­ke aand in­ska­kel – ons sal hul­le nie te­leur­stel nie.”

“Dit was ’n pret­ti­ge ma­nier om hul­de aan vroue te bring.”

Fo­to: FACEBOOK

So het Die­de­rik in 7de Laan se Vrou­e­dag-e­pi­so­de Don­der­dag­aand ge­lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.