Kyk daar­na deur an­der se oë

Suid-A­fri­ka­ners moet hul­self in me­kaar se skoe­ne plaas as hul­le oor die gronddebat praat, skryf A­nisha Ga­rib.

Beeld - - VOORBLAD -

’NGolf van ne­ga­tie­we re­ak­sie, selfs his­te­rie, rond­om die on­lang­se standpunt van p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa oor grond­her­vor­ming be­na­druk die nood­saak van oop en ra­si­o­ne­le de­bat oor die re­a­li­tei­te en toe­koms van ons land. Ek voel em­pa­tie vir men­se wat hier­oor kwaad en be­dreig voel – die on­se­ker­he­de wat deur sul­ke uit­spra­ke ge­skep word, help nie om ’n brood­no­di­ge kli­maat van ver­troue en op­ti­mis­me te skep nie.

As ’n mens na me­di­a­kom­men­taar en die so­si­a­le me­dia kyk, lyk dit as­of die ver­skeie be­lang­heb­ben­des in die gronddebat tans heel­te­mal ver­by me­kaar praat. Daar blyk bit­ter min mid­del­grond en be­grip vir “die an­der” se standpunt te wees.

Jy sien ti­pies dat voor­stan­ders van ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding groe­pe soos A­friForum bloot af­maak as “ras­sis­te” son­der om hul ar­gu­men­te e­nig­sins te ont­leed. Aan die an­der kant is teen­stan­ders van rol­spe­lers soos Ju­li­us Ma­le­ma baie vin­nig om hom as “dom” en “ab­surd” uit te beeld son­der om die moont­lik­heid te oor­weeg dat hy ’n punt kan beet hê.

Dit is mis­kien no­dig dat SuidA­fri­ka­ners wat ’n sin­vol­le de­bat oor ’n vreed­sa­me en wel­va­ren­de toe­koms vir ons land wil voer, meer moei­te doen om die standpunt van op­po­ne­ren­de groe­pe te pro­beer in­sien. Ek gaan hier pro­beer om dit te doen – om my­self in die skoe­ne te plaas van so­wel A­fri­ka­ners as ver­arm­de swart men­se om meer lig op die de­bat te werp.

Vir ’n sin­vol­le gronddebat moet ons twee on­der­lig­gen­de re­a­li­tei­te in ag neem. Eer­stens moet ons aan­vaar dat die sta­tus quo nie ’n op­sie in Suid-A­fri­ka is nie. Of ons dit wil hê of nie – tien jaar van nou af gaan ons land baie an­ders lyk as van­dag.

Die twee­de re­a­li­teit is dat ’n skie­li­ke, cha­o­tie­se en kon­fron­te­ren­de be­na­de­ring ook nie ’n le­wens­vat­ba­re op­sie is nie. Ons hoef nie ver­der te kyk as Zim­bab­we om die uit­ein­de van so ’n be­na­de­ring te voor­spel nie. Om in 2018 ’n A­fri­ka­ner te wees Dit was op­val­lend dat by­na al die ne­ga­tie­we re­ak­sie op Ra­map­ho­sa se op­mer­kings van bui­te die swart be­vol­king ge­kom het. Dit was ver­al op­merk­lik dat groot ge­tal­le men­se uit die A­fri­ka­ner-ge­meen­skap ge­tei­ken en be­dreig voel.

Kom ek stel dit dui­de­lik: As lid van ’n an­der ge­mar­gi­na­li­seer­de Suid-A­fri­kaan­se ge­meen­skap kan ek baie goed met A­fri­ka­ners en hul hui­di­ge po­si­sie in die land i­den­ti­fi­seer. As ek my­self in die skoe­ne van ’n lid van die A­fri­ka­ner­ge­meen­skap pro­beer plaas, kan ek my skaars in­dink hoe ne­ga­tief din­ge mag lyk.

Ek sal on­wel­kom in my eie land voel. Ek sou voel dat ons as ’n ge­meen­skap by­dra tot die suk­ses van die land met vaar­dig­he­de, be­las­ting en werk­skep­ping, maar des­on­danks het wet­ge­wing en po­li­tie­ke re­to­riek ten doel om my te be­na­deel. Dit het nie net op grond be­trek­king nie, maar geld ook ar­beids­wet­ge­wing en ’n mis­ken­ning van my kul­tuur en le­wens­wy­se.

Die wreed­heid van plaas­moor­de en bla­tan­te haat­spraak deur po­li­tie­ke lei­ers sal my ont­stel en laat vrees vir my en my ge­sin se le­we. Ek sou dit in­der­daad erns­tig oor­weeg om uit my ge­boor­te­land te vlug.

As ’n ge­won­de lid van die A­fri­ka­ner­ge­meen­skap sou ek nie die feit be­twis dat a­part­heid ge­wel­di­ge on­reg en ly­ding mee­ge­bring het of dat die ge­vol­ge daar­van van­dag steeds er­vaar word nie. Maar ek sal keel­vol raak om uit­ge­son­der te word as die bron van al­les wat ver­keerd is in Suid-A­fri­ka – en om vir e­wig jam­mer te moet sê.

Ek sal dalk sterk tot or­ga­ni­sa­sies soos A­friForum aan­ge­trok­ke wees. Sou jy Ma­le­ma on­der­steun? Ewe op­val­lend was die feit dat daar by­na geen k­ri­tiek uit swart ge­le­de­re oor Ra­map­ho­sa se op­mer­kings oor grond­her­ver­de­ling op­ge­gaan het nie. Waar­om nie?

’n Groot deel van die ant­woord lê in een woord: ar­moe­de. Meer as 55% van Suid-A­fri­ka­ners leef in ui­ter­ste ar­moe­de – ’n oor­wel­di­gen­de meer­der­heid van hier­die men­se is swart Suid-A­fri­ka­ners. ’n Skok­ken­de 25% van ons be­vol­king leef on­der die brood­lyn.

Ek wil die le­ser uit­daag om saam met my ons­self in die skoe­ne van sul­ke Suid-A­fri­ka­ners te plaas.

Ons woon in ’n plak­kers­kamp en kan nie aan ons en ons naas­be­staan­des se mees ba­sie­se be­hoef­tes vol­doen nie. Maak nie saak wat ons doen nie, daar is geen ma­nier om uit ons hag­li­ke si­tu­a­sie te ont­snap nie.

Ons is be­perk tot kort­ter­myn­keu­ses net om te oor­leef. In so ’n si­tu­a­sie, waar ons niks het om te ver­loor nie, sal e­ni­ge ver­an­de­ring in ons om­stan­dig­he­de as ’n moont­li­ke ge­leent­heid be­skou kan word.

Die le­ser sal met my moet saam­stem: Ons sal waar­skyn­lik ons steun gee aan ie­mand wat vin­ni­ge en ra­di­ka­le ver­an­de­ring kan bring. Die be­lof­tes en oor­tui­gings van ie­mand soos Ma­le­ma kan baie aan­trek­lik en oor­tui­gend lyk.

Al voer som­mi­ge aan dat ra­di­ka­le be­lei­de die e­ko­no­mie in duie kan laat stort, sal dit geen ef­fek op ons hê nie. Vir ie­mand wat in ar­moe­de leef en al­le hoop op ’n be­ter le­we ver­loor het, het die e­ko­no­mie lank­al in duie ge­stort. U­nie­ke op­los­sings vir ’n u­nie­ke land Soos hier­bo ge­noem, is nie die sta­tus quo of ’n cha­o­tie­se ver­an­de­ring le­wens­vat­ba­re op­sies vir Suid-A­fri­ka met sy u­nie­ke uit­da­gings nie. Dit is geen op­los­sing om A­friForum-styl aan­hou­dend woe­den­de mid­del­vin­gers in die rig­ting van die re­ge­ring en swart rol­spe­lers te wys nie. Dit is ook geen op­los­sing om soos Ma­le­ma ge­weld teen ras­se­groe­pe aan te moe­dig nie.

Daar is wel ’n ge­leent­heid om kre­a­tie­we en u­nie­ke op­los­sings te ont­wik­kel.

In die land­bou­sek­tor kan wins­ge­wen­de ven­noot­skap­pe tus­sen boe­re en wer­kers, ge­sa­ment­li­ke on­der­ne­mings tus­sen kom­mer­si­ë­le boe­re en die re­ge­ring, as­ook men­tor­skap van op­ko­men­de boe­re help om vol­hou­baar­heid en voed­sel­se­ker­heid te skep. Soort­ge­ly­ke sa­me­wer­kings­mo­del­le bui­te die land­bou­sek­tor kan ’n groot stap vo­ren­toe vir ’n meer in­klu­sie­we e­ko­no­mie wees.

Ons het die voor­deel om te kan leer uit die les­se van die ver­le­de soos mis­luk­te be­leids­rig­tings, in­slui­tend grond­her­vor­ming. Ons het ’n ge­leent­heid om ons be­na­de­ring aan te pas om die fou­te wat deur ons buur­lan­de ge­maak is, te voor­kom.

Ons kan nie bloot wag dat die re­ge­ring al ons maat­skap­li­ke pro­ble­me op­los nie. Dit is van deur­slag­ge­wen­de be­lang dat ál­le rol­spe­lers – die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing, sa­ke­lei­ers en die e­ko­no­mies ak­tie­we be­vol­king in­ge­sluit – tas­ba­re stap­pe doen om op­los­sings te help vind vir die erns­ti­ge pro­ble­me wat ons land in die ge­sig staar.

Sul­ke stap­pe moet groot en sig­baar wees en kan selfs pyn­li­ke op­of­fe­rings ver­eis.

In 1994 het Suid-A­fri­ka­ners ’n ma­nier ge­vind om vo­ren­toe te be­weeg in ’n tyd toe op­los­sings onmoontlik ge­lyk het.

Ons kan dit weer doen.

Gra­fi­ka: HAN­LIE MA­LAN

Ga­rib is ’n vry­skut­joer­na­lis en ’n ge­meen­skaps-en-om­ge­wings­ak­ti­vis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.