Kyk weg, dis Pap­pa, skreeu vrou aan kin­ders

Ge­sin kom af op pa kort ná on­ge­luk

Beeld - - VOORBLAD - Eu­ge­nie G­re­gan

’NPa van drie veg al ’n week lank om sy le­we in die Me­di­cli­nic Nel­spruit na­dat hy Son­dag erns­ti­ge kop­be­se­rings op die R37 op­ge­doen het toe hy ver­moe­de­lik be­heer oor sy mo­tor­fiets ver­loor het.

Sy toe­stand is sta­biel maar k­ri­tiek en hy is nog nie by sy be­wus­syn nie.

A­dam Wil­lem­se van M­bom­be­la se agt­ja­ri­ge twee­ling, Ai­la en A­lex, kry boon­op siel­kun­di­ge be­ra­ding na­dat hul­le hul pa op die on­ge­luks­to­neel ge­sien het.

“Hul­le het hom al drie keer van die ven­ti­la­tor pro­beer af­haal, maar sy lig­gaam co­pe nog nie. Sy reg­ter­oog­bank, wang­been en ka­ke­been is ver­gruis en die spie­re om sy reg­ter­oog het ge­skeur. Sy traan­buis is ook be­ska­dig,” sê Wil­lem­se se vrou, Lan­dé.

Sy ver­tel hoe sy “kyk weg, dis Pap­pa” aan haar drie kin­ders ge­skree het toe hul­le na­by die to­neel kom waar haar man in die motorfietsongeluk was.

Die ge­sin het die dag saam met vrien­de op ’n plaas na­by Ly­den­burg ge­braai.

“A­dam en ’n vriend het voor­uit op hul mo­tor­fiet­se ge­ry en ons in ’n bak­kie ag­ter­na.”

Son­dag­mid­dag op pad te­rug na M­bom­be­la het sy vriend ’n pap wiel ge­kry en A­dam het al­leen voor­uit ge­ry.

“Ons was so ’n half­uur tot 40 mi­nu­te ag­ter hom. Die pad is ver­skrik­lik sleg en daar is ’n lan­ge­ri­ge draai waar ver­al vrag­mo­tors ge­neig is om kan­se te vat.”

Vol­gens haar lê daar nog ’n vrag langs die pad wat ’n vrag­mo­tor ’n paar we­ke te­vo­re in ’n on­ge­luk ver­loor het.

Aan­ko­men­de voer­tuie het hul lig­te vir Lan­dé-hul­le ge­flits.

“Toe die twee­de voer­tuig sy lig­te flits, het ek so ’n hol ge­voel op my maag ge­kry. Ek het aan die an­der ge­sê ek dink A­dam het met daai mo­tor­fiets ge­val.”

Hul­le het A­dam in die pad sien lê toe hul­le na­der­kom. Vol­gens Lan­dé was die pad van die mid­del­lyn tot by die geel streep met bloed be­smeer.

“Die pa­ra­me­di­ci wat A­dam be­han­del het, sê dit lyk as­of hy so­wat 40 m ver ge­rol het. Dit het om­trent drie uur ge­vat om hom op die to­neel te sta­bi­li­seer.”

A­dam se val­helm het met die im­pak af­ge­val en hy het erns­ti­ge kop­be­se­rings op­ge­doen.

“Ek weet nie hoe hy dit oor­leef het nie,” sê Lan­dé.

Vol­gens haar het die val­helm net ’n paar krap­mer­ke op.

A­dam het ook min be­se­rings aan die res van sy lyf op­ge­doen.

Hy is ’n ver­koops­man vir Land Ro­ver.

“My twee­ling­dog­ter­tjie vra ver­al baie uit, sy vra vir fo­to’s en maak vir haar pa vi­deo’s.” Hul­le het ook ’n dog­ter­tjie van agt maan­de, A­ri­al­le.

Dok­ters is be­kom­merd dat A­dam dalk sy sig kan ver­loor of brein­ska­de het, maar die ska­de sal eers be­paal kan word wan­neer hy wak­ker is.

Lan­dé sê dis nou ’n kwes­sie van “wag, bid en hoop vir die bes­te”.

“Ek moet co­pe. My kin­ders het my no­dig.”

A­dam Wil­lem­se en sy dog­ter­tjie A­ri­al­le. Wil­lem­se is in ’n sta­bie­le maar kri­tie­ke toe­stand na­dat hy Son­dag in ’n motorfietsongeluk was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.