S­neeu­kom­bers

Beeld - - VOORBLAD - Ca­ra-Lee Dorf­ling

Die bo­me om die Tif­fin­dell-ski-oord in die Oos-Kaap is spier­wit ge­sneeu. Dié fo­to is gis­ter­og­gend ge­neem. 55 cm se sneeu het bin­ne 24 uur hier ge­val.

Bin­ne 24 uur het 55 cm sneeu by die Tif­fin­dell-ski-oord in die Oos-Kaap ge­val en dit in ’n Al­pyn­se win­ter­won­der­land om­skep.

Slegs er­va­re be­stuur­ders met vier­trek­voer­tuie is gis­ter­og­gend toe­ge­laat om die oord, so­wat 24 km bui­te R­ho­des, te ver­laat weens die dik sneeu­laag wat in die ge­bied ge­val het.

Tra­vis Mor­ri­son, be­mar­kings­be­stuur­der van die oord, sê hul wer­kers pro­beer die pad skoon­maak om al­le voer­tuie toe­gang te kan gee.

Sneeu het Don­der­dag 07:00 by die oord be­gin val, maar dit het eers 23:00 hard be­gin sneeu, sê Mor­ri­son.

Dit het eers van om­streeks 08:00 gis­ter­og­gend af lig­ter be­gin sneeu. Die tem­pe­ra­tuur by die oord was Don­der­dag­og­gend -4 °C en -3 °C gis­ter­og­gend.

■ Mooi­weer en koel tem­pe­ra­tu­re word van­dag oor die noord­oos­te van die land ver­wag, met ge­deel­te­lik be­wolk­te weer wat in die Vry­staat, Noord-Kaap en Noord­wes kan voor­kom.

Die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens ver­wag mak­si­mum tem­pe­ra­tu­re groot­liks on­der 20 °C van­dag vir Gau­teng, M­pu­ma­lan­ga, Noord­wes en K­waZu­lu-Na­tal.

’n Mak­si­mum van 16 °C is vir Jo­han­nes­burg voor­spel en ’n mi­ni­mum van slegs 3 °C.

In P­re­to­ria word ’n mak­si­mum van 18 °C ver­wag en kan tem­pe­ra­tu­re tot 5 °C daal.

Vir M­bom­be­la (Nel­spruit) is ’n mak­si­mum van 21 °C en vir Po­lo­kwa­ne ’n mak­si­mum van 20 °C voor­spel. ’n Mak­si­mum van

19 °C is vir Ma­hi­keng voor­spel en 17 °C vir Pot­chef­stroom.

Tem­pe­ra­tu­re kan tot -4 °C in Taung en -1 °C in Pot­chef­stroom daal.

Vir Dur­ban en Ri­chards­baai is ’n mak­si­mum van 20 °C voor­spel, ter­wyl tem­pe­ra­tu­re tot -3 °C in Kok­stad kan daal.

Die Weer­diens het gis­ter ook ge­waar­sku oor hoë dei­nings van selfs meer as 6 m wat laat­og­gend van­dag tus­sen Oos-Lon­den en Ri­chards­baai kan voor­kom.

War­mer, ge­deel­te­lik be­wolk­te weer kan mô­re oor die bin­ne­land en noord­oos­te voor­kom, met mak­si­mums ho­ër as 20 °C in Gau­teng, Noord­wes, die Vry­staat, Noord-Kaap, M­pu­ma­lan­ga, Lim­po­po en K­waZu­lu-Na­tal.

Mooi­weer word vir die oos­te van Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga mô­re voor­spel, as­ook die kus van K­waZu­lu-Na­tal en die oos­kus van die Oos-Kaap.

Fo­to: TONY TEGG, SNOW REPORT SA

Sneeu het ook gis­ter­og­gend oor ’n deel van die Dra­kens­berg in die Oos-Kaap ge­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.