Mar­kus Joos­te by klein­kind se doop

Beeld - - Nuus - Nel­lie Brand-Jo­ni­ker

Mar­kus Joos­te, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van S­tein­hoff, was gis­ter­og­gend in die NG kerk Her­ma­nus, waar sy eer­ste klein­kind ge­doop is.

Die pleg­tig­heid is ge­hou in die teen­woor­dig­heid van ’n hand­jie­vol fa­mi­lie­le­de en vrien­de.

Die kerk se nuus­brief het voor­af aan­ge­dui daar gaan ’n doop wees, maar geen na­me is ge­noem nie.

Die diens is deur ds. C­ha­rel Nel ge­lei.

Joos­te is ag­ter in die kerk na­by die moe­ders­ka­mer op­ge­merk, maar kon nie ná die diens op­ge­spoor word vir kom­men­taar nie.

Vol­gens ’n ge­meen­te­lid het Joos­te die kerk ná die diens deur ’n sy­deur ver­laat.

Se­dert sy be­dan­king by S­tein­hoff in De­sem­ber en die in­een­stor­ting van die aan­deel­prys het Joos­te die me­dia bly ont­wyk.

Dit is bekend dat Joos­te ’n huis op Her­ma­nus het en dat hy die laas­te paar maan­de ge­reeld op die dorp ge­sien is.

On­der die doop­gas­te is F­rik­kie Nel, ’n ja­re lan­ge di­rek­teur van S­tein­hoff, saam met fa­mi­lie­le­de van hom op­ge­merk.

Nel was ja­re lank fi­nan­si­ë­le di­rek­teur van S­tein­hoff In­ter­na­ti­o­nal tot die groep se no­te­ring ein­de 2015 in Duits­land.

Hy en Joos­te het al­bei ’n huis op Jon­kers­drift in Jon­kers­hoek op S­tel­len­bosch. Nel werk s­teeds vir S­tein­hoff op S­tel­len­bosch.

Mar­kus Joos­te

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.