Klan­te deur­ge­soek ná bom­drei­ge­men­te

Beeld - - Nuus -

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwa­na­zi, waar­ne­men­de po­li­sie­hoof in K­wa­Zu­lu-Na­tal, het dit ver­wel­kom dat Wool­wort­hs se klan­te voort­aan deur­ge­soek gaan word ná on­lang­se bom­drei­ge­men­te by win­kel­sen­trums in en om Dur­ban.

Die so­veel­ste bom­drei­ge­ment bin­ne ’n paar we­ke het op 19 Ju­lie pa­niek in Dur­ban ver­oor­saak toe twee tak­ke van Wool­wort­hs om­streeks 09:00 ont­ruim moes word na­dat ver­dag­te toe­stel­le in die win­kels ge­vind is.

Die nu­we vei­lig­heid s be­leid is by al Wool­wort­hs se win­kels in die pro­vin­sie van krag.

Mkhwa­na­zi sê hy on­der­steun die be­sluit om al­le klan­te deur te soek, selfs po­li­sie­le­de in u­ni­form.

“Dit is no­dig en daar­om steun ons dit,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.