Wat sê jy? Stuur ’n SMS na 45571

Beeld - - Kommentaar - Pe­ter Ma­rais

SMS’e kos R1,50

► Wie be­taal vir die R800 mil­joen se ska­de wat #Fees­Mus­tFall ver­oor­saak het? – Ja­net, Se­cun­da ► Sal ie­mand nou as­se­blief vir adj.pres. Da­vid Ma­bu­za gaan aan­kla so­dat ons kan kyk of die NVG gaan ver­volg! – Ma­ri­a­na van P­re­to­ria ► Die prys van rooi­vleis, hoen­der en vis het baie hoog ge­word en met die by­voe­ging van BTW is dit on­be­kos­tig­baar vir ons pen­si­oen­trek­kers. Ál­le pen­si­oen­trek­kers trek swaar as ge­volg daar­van en nie net Sas­sa-pen­si­oen­trek­kers nie. Dit is ’n flou ver­sko­ning om pro­du­sen­te soos RCL en Astral Foods voor te hou. Hul­le is nie die e­nig­ste ver­sprei­ders van hoen­der­vleis nie. – Ber­tie ► Slag­of­fers van Die seuns van Bi­rd Is­land be­gin­ne praat. – Su­zet­te ► Ek glo mnr. X van die Ma­lan-ver­sin­sels sal weg­skram van’ n leu­en­ver­klik­ker toets. – O­lie Hen­ning, Vil­liers­dorp ► A­nisha Ga­rib se “Grond: Deur ’n an­der se oë” (Beeld, 11.08) is ’n mooi, nug­ter ar­ti­kel. Ek glo ge­son­de ver­stand sal ná die ver­kie- sing be­gin in­skop . . . nie voor dit nie. – John Ser­fon­tein ► Mur­ray La Vi­ta se on­der­houd met Pe­ter Ma­rais (“A­fri­ka­ner ’n ver­lo­re seun)” 10.08: Was ek al meer aan­ge­gryp deur ’n koe­rant­ar­ti­kel? Kan nie mooi dink nie. Is dit dalk die knop in my keel? – Frans, P­re­to­ria ► Ver­la­ging van da­ta­kos­te: En ter­self­der­tyd kan die ANC ook vra vir ’n ver­la­ging in die prys van brand­stof, tol­geld en BTW. Dit sal ook help, maar nee, dit vul die pot wat ge­plun­der word. – Mi­ke Bo­tha ► Die ver­la­ging van da­ta­kos­te sal goed wees, maar dan nie net da­ta­kos­te nie, maar ook lug­tyd­kos­te. Suid-A­fri­ka­ners word op tal­le ter­rei­ne uit­ge­buit: bank-, tol-, krag- en brand­stof­kos­te en veel meer, wat ook ar­moe­de be­vor­der. Na­tuur­lik is daar BTW op al die reu­se­wins­te wat ge­maak word en deel die staat in die uit­bui­ting. Is die ANC daar­om erns­tig oor sy be­roep, of gaan dit maar oor ’n ver­kie­sing wat voor die deur is? – Carl Jor­daan ► Die ANC vra dat die prys van da­ta ver­laag moet word, maar die re­ge­ring het BTW ge­hef op da­ta. As BTW van se­ke­re pro­duk­te weg­ge­neem kan word, hoe­kom da­ta be­las en dit so duur­der maak vir Jan en al­le­man? Vo­da­com se pry­se het ge­wel­dig ge­styg. – De­bo­ra

► Vol­gens Beeld ver­le­de week is ’n ge­brek aan op­lei­ding een van die groot­ste strui­kel­blok­ke vir e­ko­no­mie­se groei in ons land. Maar heel­wat goed op­ge­lei­des kry een­vou­dig nie werk nie en e­mi­greer der­hal­we. So­lank sul­ke dis­kri­mi­na­sie voort­duur, moet die re­ge­ring nie groei ver­wag nie. – Le­ser, Gau­teng

► Ek voel jam­mer vir Ras­sie Eras­mus. Trans­for­ma­sie is goed en wel, maar jy wen nie toet­se as jy nie jou bes­te span kan kies nie. Vra maar jou voor­gan­gers, ou Ras­sie. – Wil­lem, Ve­ree­ni­ging ► Koos Kom­buis, Bob­by van Jaars­veld se reg­te naam is Pie­ter, hoor! (Koos be­weer Bob­by is een van die kuns­te­naars wat on­der sy “reg­te” naam op­tree.) – An­sie ► Ek het Koos Kom­buis se ru­briek oor die re­ën­boog­na­sie baie ge­niet. Dalk, net dalk, kry ons jeug dit reg dat daar gro­ter aan­vaar­ding en vre­de sal kom tus­sen al­mal. – Hen­na, P­re­to­ria ► Ek het net een pro­bleem met Vrou­e­dag, en dit is dat dit net een keer ’n jaar ge­vier word pleks van 365 keer per jaar. – Jo­han S­try­dom, Pa­rys ► “Ky­kers ont­steld oor 7de Laan-fop­dos­sers”

(Beeld, 11.08): Dit slaan my werk­lik dronk. Ek sien by­kans week­liks klag­tes, maar men­se sal die snert bly kyk. – Le­ser, Gau­teng

► Ro­sa le Roux, 7de Laan se woord­voer­der, hoe bring fop­dos­sers hul­de aan vroue? Hoe wys fop­dos­sers hoe fan­tas­ties vroue is en hoe hard vroue werk? Dit was eer­der ’n be­spot­ting van al­le vroue. – Ma­rie­tjie du P­reez ► Die­de­rik van 7de Laan, met daar­die kie­rie­been­tjies sou ek lie­wer ’n lan­ger rok­kie ge­dra het! – Jo, Port S­heps­to­ne ► JRM van T­ri­omf, dit is juis om­dat Suid-A­fri­ka­ners daag­liks aan ne­ga­tie­we din­ge bloot­ge­stel word dat ons dit nie ook in se­pies wil be­leef nie. Is dit te veel ge­vra dat se­pie­skry­wers meer po­si­tie­we sto­rie­ly­ne skryf? – ID ► Ek het my ou tran­sis­tor­ra­di­ot­jie gaan op­gra­we en nou hoef ek nie meer op­ge­skeep te sit met Bin­ne­lan­ders en 7de Laan se snert nie. – Oom Jup ► Nuus­flits vir 7de Laan-skry­wers: Dis al klaar dui­de­lik dat Le­se­di die twee ir­ri­te­ren­de ka­rak­ters ge­huur het. Wil nie meer 7de Laan kyk nie, dis kom­min. – Stel

Die­de­rik

Da­vid Ma­bu­za

Koos Kom­buis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.