Klag­te van die week

Beeld - - Tot U Diens -

Wil­na van den Hee­ver het vir ons ’n klag­te oor Funs­ee­kers In­ter­na­ti­o­nal ge­stuur.

“Ons het va­kan­sie­pun­te by Funs­ee­kers kon­tant ge­koop. Ek het ag­ter ge­raak met die hef­fing na­dat ek ’n rug­o­pe­ra­sie on­der­gaan het en ek was ses maan­de op siek­te­ver­lof weens die kom­pli­ka­sies.” Van den Hee­ver sê die hef­fing vir 2015 en 2016 is op­be­taal, maar sy is nie toe­ge­laat om haar pun­te te ge­bruik toe sy ’n be­spre­king wou maak nie.

“Ek het ook 2014 se 400 pun­te ein­de De­sem­ber ver­loor weens hul wei­e­ring. Ek het in De­sem­ber ’n kon­tant­be­drag be­taal na­dat ek mis­lei is dat ek wel my pun­te sou kon ge­bruik.”

Van den Hee­ver sê 2017 se hef­fing is by­na klaar be­taal.

“Ek be­sef ek is ag­ter, maar be­taal maan­de­liks ’n be­drag om al­les in te haal. In ons laas­te ge­sprek is ge­noem so­dra 2017 op­be­taal is, kan ek ’n be­spre­king maak, maar uit on­der­vin­ding weet ek dit is net heu­ning om die mond smeer. Ons wil graag ons pun­te ge­bruik waar­voor ons klaar be­taal het.”

Tot u Diens het Van den Hee­ver se klag­te aan Funs­ee­kers In­ter­na­ti­o­nal ge­stuur.

Hul­le sê vol­gens die klub se re­ë­ling met die uit­rui­lin­stan­sies ver­val die klub se pun­te el­ke drie jaar en ver­loor die klub ook die pun­te ge­bruik.

“Dus is die be­stuur be­reid om die fak­tuur van 2015 te­rug te skryf en dan die ag­ter­stal­li­ge gel­de vir 2016 en 2017 wat nou be­taal word, se pun­te te al­lo­keer vir Van den Hee­ver se ge­bruik so­dra die ag­ter­stal­li­ge gel­de ten vol­le be­taal is.”

Van den Hee­ver sê in­dien dit die ge­val is, aan­vaar sy dit so.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.