Ab­sa pak net 1 kwes­sie

Beeld - - Tot U Diens -

An­dré Ger­ber is nie be­ïn­druk deur Ab­sa se diens nie.

“Ek het al ver­skeie ke­re by Ab­sa gaan Fi­ca, maar die e-pos­a­dres­se van se­ke­re re­ke­nin­ge bly ver­keerd. Ek be­hoort aan Ab­sa se be­lo­nings­pro­gram en was al­tyd vlak 3, maar dit ver­an­der toe skie­lik na vlak 1. Hul­le kon geen aan­vaar­ba­re ver­kla­ring gee hier­voor nie.”

Ger­ber sê hy het al vyf keer by Ab­sa se ak­sie­lyn en by hul kaart­af­de­ling ge­kla as­ook ver­skeie e-pos­se aan hul­le ge­stuur son­der dat Ab­sa re­a­geer op e­ni­ge van sy klag­tes.

Tot u Diens het vir Ab­sa vir ant­woor­de ge­pols.

Hul­le sê die aan­ge­leent­heid met Ger­ber is suk­ses­vol af­ge­han­del.

Ger­ber sê eg­ter na sy mening is dit nog nie op­ge­los nie.

“Die fou­tie­we e-pos-a­dres­se is wel reg­ge­stel. Die kwes­sie met be­trek­king tot die be­lo­nings­pro­gram is nog nie reg­ge­stel nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.