Kop­pe­laar nie ge­waar­borg

Beeld - - Tot U Diens -

Wan­da le Roux se klag­te gaan oor We­stern Au­to­haus in Roo­de­poort.

“My 79-ja­ri­ge pa het op 28 Mei ’n Hyun­dai i20 kon­tant by die han­de­laar ge­koop. Die bat­te­ry het die 18de Ju­nie heel­te­mal pap ge­raak. My ou­ers moes die voer­tuig huis toe sleep. Ses dae la­ter breek die kop­pe­laar­stel­sel.”

Le Roux sê die per­soon wat die kop­pe­laar ver­vang het, het ge­sê dit was heel­te­mal uit­ge­werk.

“Die bat­te­ry waar­mee die voer­tuig ver­koop is, wou nie eens oor­nag laai nie en my pa het dit ver­vang. Ek het die han­de­laar gaan sien en hy het ge­sê daar is geen waar­borg op e­ni­ge me­ga­nie­se fout nie. Hy was ui­ters on­sim­pa­tiek en het vol­strek ge­wei­er om op e­ni­ge ma­nier te help.”

Le Roux sê hul­le moet nog die son­skerm aan die be­stuur­ders­kant ver­vang en ook ’n nood­wiel aan haar pa ver­skaf.

“Daar is skrif­te­lik be­lo­we om dit te doen, maar geen po­ging is aan­ge­wend om die be­lof­te na te kom. My pa het nie eens af­slag ge­kry om­dat hy die mo­tor kon­tant ge­koop het of ’n vol tenk brand­stof nie. Hy is erg in­ge­loop.”

Tot u Diens het Au­to­haus ge­vra om on­der­soek in te stel.

JP Hen­ning sê hy is al meer as 25 jaar in die mo­tor­be­dryf en ag hom­self ’n eer­ba­re mens wat ook die twee­de myl loop.

“Die kop­pe­laar­stel­sel vorm nie deel van e­ni­ge waar­borg nie en daar­om is ons nie daar­voor ver­ant­woor­de­lik om dit te ver­vang nie.

“Le Roux het voor ons kli­ën­te ge­skree dat ons skelms is en dat hul­le nie kar­re by ons moet koop nie. Sy het be­weer ons steel geld van kli­ën­te. Hoe kan sy ver­wag dat ons haar sal help as dit is hoe sy op­tree?”

Hen­ning sê daar is ’n spaar­wiel in die voer­tuig, maar dit ver­skil in breed­te.

“Ons het die kli­ënt ge­vra om die voer­tuig in te bring en ge­sê ons sal dit en die son­skerm met lief­de ver­vang. Dis be­lang­rik om te noem dat ek nie vir Le Roux ge­sê het dat daar geen waar­borg op die mo­tor is nie, maar ek het wel ge­sê daar is geen waar­borg op ’n kop­pe­laar­stel­sel nie.”

Le Roux sê Au­to­haus se ant­woord is nie be­vre­di­gend nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.