S­treep­truie lag-lag baas in Frank­ryk

WP slag Nar­bon­ne met ne­ge drieë

Beeld - - Sport -

Die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie is be­slis nie in Frank­ryk om op die mil­jar­dêr Mo Al­trad se on­kos­te laat en lek­ker te kui­er nie.

John Dob­son se span het Sa­ter­dag­aand in Mil­lau Nar­bon­ne met 59-14 ver­slaan. Die rus­tyd­tel­ling was 24-7.

Die WP het ne­ge drieë ge­druk – vier in die eer­ste helf­te en vyf in die twee­de.

Paul de Wet, die skrum­ska­kel wat van­jaar sy bui­ging vir die S­tor­mers ge­maak het, die ha­ker S­car­ra N­tu­be­ni en die plaas­ver­van­ger-ag­ter­spe­ler Dil­lyn Leyds het al­mal twee keer ag­ter Nar­bon­ne se doel­lyn gaan kui­er.

Die WP was ná 15 mi­nu­te reeds met 17-0 voor ná drieë deur Ju­ar­no Au­gus­tus, De Wet en Dan K­riel. N­tu­be­ni het die WP se vier­de ge­druk ná ’n in­gooi bo-oor ’n lyn­staan deur sy reg­streek­se teen­stan­der.

’n Straf­drie is kort voor rus­tyd aan Nar­bon­ne toe­ge­ken.

Die WP se voor­spe­lers het goed ver­toon en N­tu­be­ni het sy twee­de drie van ’n rol­maal­be­we­ging af aan­ge­te­ken. Daar­na is Nar­bon­ne twee keer deur tik­skop­pies on­ver­hoeds be­trap, met Sal­maan Moe­rat en De Wet wat af­ge­rond het.

Nar­bon­ne het te­rug­ba­klei met ’n on­der­skep­drie, maar Leyds het ’n puik in­di­vi­du­e­le drie ge­druk en daar­na nog in die dood­snik­ke af­ge­rond.

Die WP speel Don­der­dag teen Al­trad se klub, Mont­pel­lier.

Fo­to: GALLO IMAGES

Dil­lyn Leyds ver­le­de week op die oe­fen­veld. Hy was een van die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie se groot drie­vra­te in hul groot se­ge Sa­ter­dag oor Nar­bon­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.