Dit maak seer, sê Wer­ner

‘SUR­VI­VOR SA’ ‘Ek kan nie glo Tom het vir my ge­jok nie’

Beeld - - Voorblad - Teré­sa Coet­zee Wer­ner Jou­bert sê as hy weer aan vol­gen­de keer sal hy nie­mand ver­trou nie.

Die og­gend na­dat Wer­ner Jou­bert deur die oor­bly­wen­de drie deel­ne­mers uit Sur­vi­vor ge­stem is, het hy met sy By­bel in die hand strand toe ge­stap en op ’n pier gaan staan. Rou snik­ke het uit sy bors ge­kom en hy het on­be­heers be­gin huil.

“Men­se weet nie hoe seer hier­die ga­me maak nie. Dit het vir my ge­voel of ek al my ge­lief­des en aan­han­gers in die steek ge­laat het. Ek het ge­huil oor Tom, my vriend wat my in die oë ge­kyk en ge­jok het. Ek het ge­huil om­dat ek reg­tig so te­leur­ge­steld ge­voel het dat ek uit­ge­stem is, want ek het vol­uit ge­speel.

“Ek het ge­dink oor die ga­me, aan al­mal wat voor my huis toe is en teen wie ek ge­stem het en wat net soos ek moes ge­voel het. Dit het my reg­tig com­pas­si­on ge­gee vir die an­der men­se wat uit­ge­stem is,” het Wer­ner in ’n on­der­houd by M-Net se kan­toor in Rand­burg ge­sê.

Hy en Tom Swartz het vroe­ër in die reeks al ’n al­li­an­sie ge­vorm.

“Ons het so ’n bie­tjie van ’n broer­ver­hou­ding ge­had. Ek het hom in­ge­bring in ons al­li­an­sie en ons het na me­kaar ge­kyk. Ek en Tom het me­kaar be­lo­we ons sal me­kaar nie uit­stem nie.

“Ek was bit­ter hart­seer daar­die oom­blik toe ek be­sef hy het teen my ge­draai. Ek kon nie glo dat hy dit ge­doen het nie, want ek het hom reg­tig ge­glo dat hy sy woord sal hou.

“Maar nou neem ek hom glad nie meer kwa­lik nie. Ek het hom ver­keerd ge­lees en ek moet my­self bla­meer. Ek het ook men­se af­ge­stem. Hier­die is ’n spel, ’n mens kan dit nie ver­geet nie,” sê Wer­ner.

Hy was 37 dae in die Sur­vi­vor­spel voor­dat hy uit­ge­stem is en het 15,5 kg ver­loor. Na­dat hy uit­ge­stem is, het hy hom by die an­der le­de van die ju­rie by Pon­doro­sa aan­ge­sluit.

“Ek koes­ter glad nie wrok­ke en per­soon­li­ke ven­det­tas teen e­nig­ie­mand nie. Tom het teen my ge­draai, maar ek hou dit nie teen hom nie. Ek het van die be­gin af ge­sê ek neem ei­e­naar­skap van my eie spel. Ek moes die si­tu­a­sie be­ter ge­lees het,” sê Wer­ner.

Op die vraag wie hy wil hê moet wen, swyg hy soos die graf.

Hy was meer as 40 dae van die huis en werk af weg, maar sê as hy dit weer kan doen, sal hy dit be­slis doen.

Hy het so­veel van hom­self en van men­se ge­leer en sien die Sur­vi­vor-on­der­vin­ding glad nie as tyd­mors nie.

“Ek is al meer as se­we jaar ’n groot Sur­vi­vor-aan­han­ger. En ek het glad nie vir die geld ge­speel nie, maar vir die ti­tel. As ie­mand nou vir my sê ek kan weer ’n kans in Sur­vi­vor kry, maar daar is nie ’n sent wen­geld nie, sal ek dit doen,” sê hy.

Maar as hy wél die geld ge­wen het, sou hy twee maan­de se sa­la­ris aan die kerk te­rug­be­taal het (hy is ’n pas­toor) en sy tien­de vir die kerk ge­gee het. “En dalk ook ons huis af­be­taal het,” sê hy.

Hy sê dit was vir hom in­te­res­sant hoe men­se se mas­kers weg­val in ’n reeks soos Sur­vi­vor.

“Ná ’n paar dae be­sef jy jy het nie meer ’n kar, ’n huis, ’n werk, ’n sel­foon of kle­re waar­ag­ter jy kan weg­kruip nie.

“Dis net jyself, son­der e­ni­ge mas­kers. En dis so mooi hoe ons met me­kaar be­gin om­gaan as ons nie mas­kers het nie, ons aan­vaar me­kaar son­der voor­be­hou­de of iets ek­sterns wat ons be­ïn­vloed,” sê Wer­ner.

Hy sal al die deel­ne­mers weer wil sien en be­skou hul­le as sy vrien­de. Selfs al het ie­mand soos To­ny Tebbutt ge­sê sy wil op sy kop op­gooi.

“Dit wys jou net, dié spel is nie op­ge­maak of kuns­ma­tig nie. Dit is baie werk­lik en in­tens. Ek het van die be­gin af be­sluit al speel ek vol­uit, sal ek nie le­lik met men­se wees of hul ka­rak­ters af­kraak nie. ’n Mens kan die spel vol­uit speel son­der om dit te doen.

“En al is al die e­mo­sies wat ’n mens er­vaar baie werk­lik, moet jy s­teeds ont­hou dis net ’n spel. Wat ek uit­ge­deel het, het ek te­rug­ge­kry.”

Sur­vi­vor kan deel­neem, sal hy. Maar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.