Vrae oor vlam­me

VLIEG­ON­GE­LUK BY WON­DER­BOOM: ‘Geen po­ging om brand te blus’

Beeld - - Voorblad - Han­ti Ot­to

Hoe­wel die be­man­ning be­wus was van die bran­den­de lin­ker­en­jin van die ve­te­raan-Con­vair340-vlieg­tuig, is geen po­ging aan­ge­wend om die vlam­me te blus nie.

Die lin­ker-en­jin se brand blus­stel­sel is nooit ge­ak­ti­veer nie en die pro­se­du­re in ge­val van ’n bran­den­de en­jin is nie ge­volg nie, lui­dens die Bur­ger lug­vaart o­wer­heid( BL O) se voor­lo­pi­ge ver­slag oor die vlieg­on­ge­luk ver­le­de maan din­di e noor­de van P­re­to­ria.

In die on­der­soek is voor­lo­pig ook be­vind dat die me­de­vlie­ë­nier se bui­te­land­se vlieg­li­sen­sie net vir ’n en­kel­en­jin-vlieg­tuig gel­dig was.

Die Con­vair­340 het twee en­jins. Daar­by het die vlug­in­ge­ni­eur glo ook die en­jin­kon­tro­les be­heer, ter­wyl die vlieg­tuig net ge­ser­ti­fi­seer was vir twee be­man­nings­le­de.

Die vlug­in­ge­ni­eur is nie as deel van die be­man­ning ge­re­ken nie.

Die vlieg­tuig het op 10 Ju­lie neer­ge­stort mi­nu­te na­dat dit van die Won­der­boom-lug­ha­we af op­ge­styg het.

Dit was ver­on­der­stel om ’n be­sig­ti­gingsv lug na die Pi­la­nes­berg-vlieg­veld te wees voor­dat dit twee dae la­ter na die A­vi­o­dro­me-lug­vaart­mu­seum in Le­ly­stad, Ne­der­land, sou vlieg.

Twee Aus­tra­lie­se vlie­ë­niers en 17 pas­sa­siers, wat die vlug­in­ge­ni­eur in­ge­sluit het, was aan boord. 12 was Suid-A­fri­ka­ners, een ’n Aus­tra­li­ër, een ’n Zim­bab­wi­ër en drie Ne­der­lan­ders. Chris Bar­nard, die vlug­in­ge­ni­eur, is dood. Die an­der pas­sa­siers is lig be­seer.

Die twee vlie­ë­niers, Ross Kel­ly en Doug­las Ha­y­wood, is erns­tig be­seer.

Nog agt men­se is op die grond be­seer toe die vlieg­tuig by die Moord­drift-mel­ke­ry neer­ge­stort het. Vier van hul­le is baie erns­tig be­seer, in­slui­ten­de T­ha­bang Mo­lo­to, wat sy be­ne ver­loor het.

Die BLO se voor­lo­pi­ge ver­slag is Sa­ter­dag uit­ge­reik.

Lui­dens die ver­slag is die vlieg­tuig op 6 Ju­lie ver­sien.

Op 10 Ju­lie is die vlug­plan na Pi­la­nes­berg in­ge­dien en goed­ge­keur.

Dit blyk eg­ter dat nie die be­man­ning of die Won­der­boom lug­ha­we in daar­die sta­di­um ge­weet het die vlieg­veld by Pi­la­nes­berg is ge­sluit vir vas­te­ vlerk vlieg­tuie nie.

Dié ken­nis­ge­wing is uit­ge­reik voor­dat die Con­vair op­ge­styg het, maar daar is eers ná die on­ge­luk daar­van ken­nis ge­neem.

Beeld­ma­te­ri­aal van ’n GoPro­ka­me­ra in die stuur­ka­juit wys dat die vlieg­tuig reeds van die op­styg af na links ge­neig het en dat die kap­tein ge­kla het dat die stuur­stang styf is.

Die vlieg­tuig het net op­ge­styg en be­gin draai toe een van die pas­sa­siers na die ka­juit stap en vir Bar­nard sê die lin­ker-en­jin brand.

Dit is be­ves­tig deur die pas­sa­sier en die GoPro-ka­me­ra.

“Die vlieg­tuig het voort­ge­vlieg met die en­jin aan die brand.

“Die GoPro in die stuur­ka­juit wys dat die lin­ker-en­jin se RPM-me­ter ge­fluk­tu­eer het, die en­jins e hoof-brand waar­sku­wings­lig w as­ook aan en’ n waar­sku­wings ge­luid is ge­hoor.

“Die GoPro wys ook dat die be­heer­wiel na regs ge­draai het en die kap­tein het aan­ge­dui dat hul­le ‘a­er­le­on’ (’n skar­nier­ag­ti­ge op­per­vlak in die ag­ter­rand van ’n vlerk wat la­te­ra­le ba­lans be­heer) ver­loor het,” lui die ver­slag.

Daar is ver­der be­vind: “Hoe­wel die vlie­ë­niers en die vlug­in­ge­ni­eur in­ge­lig is oor die brand, het hul­le me­kaar bly vra wat­ter en­jin brand. In geen sta­di­um het hul­le be­spreek of pro­beer om die brand te blus nie.”

Die lug­be­heer­ders by die Won­der­boom-lug­ha­we het be­ves­tig dat hul­le vlam­me by die en­jin sien uit­kom het.

’n “May­day”-nood­roep is wel ont­vang, maar die be­man­ning het nie die aard van die nood­ge­val ver­dui­de­lik nie.

Die be­heer­to­ring het die bot­sing­sa­larm ge­ak­ti­veer wat nood­diens­te op’ n ge­reed­heid s grond­slag ge­plaas het.

Die vlug­be­man­ning is ook in­ge­lig dat al­le aan­loop­ba­ne be­skik­baar is vir ’n nood­lan­ding.

Die vlieg­tuig het eg­ter bly hoog­te ver­loor. Toe tref dit krag­dra­de wat oor Sa­ka­bu­ka­laan in Der­de­poort ge­span was.

So­wat 71 m ver­der het die lin­ker­vlerk ’n boom­top ge­tref, en 17 m ver­der weer. Dit het 130 m ver­der twee voer­tuie by die mel­ke­ry ge­tref, toe die melk­fa­briek self, wat ’n deel die lin­ker­vlerk laat af­skeur het.

Die vlieg­tuig het me­ters ver­der met ’n bran­den­de lin­ker­kant in stuk­ke tot stil­stand ge­kom.

Ka­be­lo Ledwa­ba, ’n woord­voer­der van die BLO, het Sa­ter­dag ge­sê die voor­lo­pi­ge ver­slag kan aan­ge­pas word soos die on­der­soek vor­der.

“Ons sal kom­men­taar le­wer na­dat die fi­na­le ver­slag af­ge­han­del is,” het hy ge­sê.

Fo­to’s: VOOR­LO­PI­GE BLO-VER­SLAG

Die twee voer­tuie by die Moord­drift-mel­ke­ry wat die vlieg­tuig ge­tref het net voor­dat dit deur die ge­bou is. De­le van die lin­ker­vlerk lê ag­ter die bak­kie.

Die wrak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.