‘ANC skiet uit die heup, tree bui­te die wet op’

Beeld - - Voorblad - P­hil­da Es­sop

‘‘ Dit is baie dui­de­lik dat die ANC se voor­ge­stel­de wy­si­ging van die Grond­wet on­der­neem word met die voor­ne­me om dit deur die par­le­ment te druk.

— JOHN STEEN­HUI­SEN

Die ANC is “pa­nie­ke­rig en des­pe­raat” oor die pro­ses van grond­her­vor­ming.

John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, het dié op­mer­king gis­ter ge­maak na­dat be­rig is dat die ANC glo be­plan om sy tak­ke op­drag te gee om op groot skaal skrif­te­li­ke voor­leg­gings by die par­le­ment se grond­wet­li­ke her­sie­ning s ko­mi­tee in te dien.

Dié ko­mi­tee het on­langs sy land­wye o­pen­ba­re sit­tings in pro­vin­sies af­ge­han­del waar­in hy me­nings in­ge­win het oor of die Grond­wet ge­wy­sig be­hoort te word om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding toe te laat.

Rap­port het gis­ter be­rig dat die ANC se top­ses lei­ers glo in­sae ge­had het in die hoogs ver­trou­li­ke voor­lo­pi­ge ont­le­ding van die meer as 700 000 skrif­te­li­ke voor­leg­gings wat teen 15 Ju­nie oor die kwes­sie by die par­le­ment in­ge­dien is.

’n “On­be­ris­pe­li­ke bron” het glo aan die koe­rant ge­sê die ANC het be­sef daar is in ver­re­weg die mees­te van die voor­leg­gings teen­kan­ting teen die wy­si­ging van die ei­en­doms klou­su­le (art. 25) in die Grond­wet om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding moont­lik te maak.

Daar is glo twee we­ke ge­le­de op die lek­got­la van die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee voor­ge­stel dat ANC-tak­ke op­drag ge­gee word om nóg skrif­te­li­ke voor­leg­gings in te dien. Die voor­stel is na be­rig word aan­vaar.

ïDie pro­bleem is eg­ter dat die pro­ses ge­sluit is en dat die ANC sy par­le­men­tê­re meer­der­heid sal moet ge­bruik om die pro­ses te her­o­pen. Na be­rig word is daar eg­ter nie een­stem­mig­heid daar­oor nie.

Steen­hui­sen het in ’n ver­kla­ring ge­sê die ANC se po­ging om die ko­mi­tee se werk te on­der­myn deur ’n pa­ral­le­le pro­ses in sy tak­ke te be­gin om die uit­ein­de van die o­pen­ba­re sit­tings te be­ïn­vloed, is “ge­vaar­lik” en on­der­myn die par­le­ment se ge­sag.

“Dit is ’n be­wys dat ’n wy­si­ging van die Grond­wet om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding toe te laat net’ n ver­kie­sings foe­fie is wat blyk­baar g e boe­me­rang het.

“Die ANC is in pa­niek-mo­dus na­dat pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa voor­ty­dig aan­ge­kon­dig het dat die ANC die Grond­wet gaan wy­sig om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding moont­lik te maak. Die par­le­ment, wat al­le Suid-A­fri­ka­ners dien, kan nie toe­laat dat die ANC se po­li­tie­ke­ry die men­se se wil troef nie.

“Dit is baie dui­de­lik dat die ANC se voor­ge­stel­de wy­si­ging van die Grond­wet on­der­neem word met die voor­ne­me om dit deur die par­le­ment te druk, nie ten guns­te van Suid-A­fri­ka nie, maar in’ n des­pe­ra­te po­ging om sy ver­kie­sings­veld­tog te stu .”

John Steen­hui­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.