Ja­cob Zu­ma is mos ’n kli­ënt?

Beeld - - Voorblad -

VBS het in 2016 ’n ver­band van R7,3 mil­joen aan oud­pres. Ja­cob Zu­ma ge­gee om be­las­ting­be­ta­lers se geld vir die op­gra­de­rings­werk aan sy N­kand­la-wo­ning te­rug te be­taal. VBS was die e­nig­ste bank wat be­reid was om dit te doen.

Die bank is vroe­ër van­jaar on­der ku­ra­tor­skap ge­plaas, maar Zu­ma sal steeds moet op­dok.

Da­wie Roodt, hoof­e­ko­noom van die Ef­fi­cien­cy Group, sê die ku­ra­tor kan Zu­ma ge­bon­de hou aan die VBS-kontrak.

“Die boek van de­bi­teu­re vir huis­ver­ban­de sal waar­skyn­lik saam in ’n mand­jie ge­gooi en aan ’n an­der bank ver­koop word. Hy sal dus nie meer vir VBS skuld nie, maar ’n an­der bank,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.