Die ver­slag ‘The G­re­at Bank Heist’

Beeld - - Voorblad -

Die ver­slag is die uit­vloei­sel van die fo­ren­sie­se on­der­soek wat adv. Ter­ry Mo­tau in op­drag van die Re­ser­we­bank uit­ge­voer het.

Daar­vol­gens het die bank ’n doel­be­wus­te veld­tog be­gin om groot de­po­si­to’s van mu­ni­si­pa­li­tei­te te kry en la­ter ook pro­beer om de­po­si­to’s van staats­on­der­ne­mings, soos die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa), te kry deur “kom­mis­sie”, of­te­wel om­koop­geld, te be­taal.

Van die be­drog sluit in die skep van vals de­po­si­to’s op VBS se re­ke­naar­stel­sels so­dat dit lyk as­of die bank ’n po­si­tie­we ba­lans het.

Daar­na kon dié “de­po­si­to’s” oor­ge­dra word na groot­kop­pe by die bank se per­soon­li­ke re­ke­nin­ge en as kon­tant ont­trek word.

Na­ge­noeg R2 mil­jard is uit­ein­de­lik ge­buit.

Ve­le In­ves­t­ments en Ts­hif­hi­wa Ma­to­d­zi, voor­ma­li­ge voor­sit­ter, het ver­re­weg die mees­te geld ont­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.