Mei­sie neem styl­vol­le ou­pa na haar ma­triek­af­skeid

Beeld - - Voorblad -

’n Ou­pa aan die Wes-Rand was baie hart­seer toe sy klein­dog­ter hom vra om haar met­ge­sel na haar ma­triek­af­skeid te wees.

Zel­ma­rie Dry (18), ’n gr. 12leer­ling aan die Ho­ër­skool Mo­nu­ment in Kru­gers­dorp, het nie ’n met­ge­sel ge­had vir ver­le­de Vry­dag se ge­leent­heid nie.

“Dit was toe­val­lig sy ver­jaar­dag op die dag en ek het ge­dink aan­ge­sien hy my van kleins af skool toe vat, kan ek hom net­so­wel na my ma­triek­af­skeid toe vat,” sê Zel­ma­rie oor haar ou­pa S­te­phen van Win­kel.

Sy sê haar skool­maats het haar nie snaaks aan­ge­kyk toe sy met Van Win­kel op­daag nie.

“Al­mal het ge­dink dis ver­skrik­lik ou­lik.

“My ou­pa het baie ge­ëerd en spe­si­aal ge­voel.”

Hul­le het in ’n ou room­kleu­ri­ge Mer­ce­des-Benz op­ge­daag.

“Ek was hart­seer om­dat sy nou so groot is. Ek was nie se­nu­wee­ag­tig nie. Ek vat haar skool toe se­dert sy ses is,” sê Van Win­kel.

Hy sê dit was lek­ker om sy klein­dog­ter se met­ge­sel te wees en dit was ’n spe­si­a­le aand vir hul­le.

Zel­ma­rie Dry (18) en S­te­phen van Win­kel (57)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.