Me­la­nia: ‘Wê­reld boe­lie my’

Me­la­nia Trump op oor­logs­pad teen af­knou­e­ry

Beeld - - VOORBLAD -

Me­la­nia Trump, pre­si­dents­vrou van die VSA, sê nie­mand ter wê­reld word meer as sy ge­boe­lie nie.

Dis deels waar­om sy ’n veld­tog, Be Be­st, teen af­knou­e­ry aan­lyn be­gin het.

In ’n on­der­houd met ABC News wat Don­der­dag uit­ge­saai is, vra die on­der­houd­voer­der Tim Lla­mas: “Is jy reg­tig die mees ge­boe­lie­de per­soon ter wê­reld?”

“Een van hul­le, as jy sien wat men­se oor my sê,” sê Trump.

In antwoord op vrae hoe die af­knou­e­ry haar kin­ders raak, on­der an­de­re haar seun, Bar­ron, sê sy dit is hoe­kom haar veld­tog op so­si­a­le me­dia fo­kus.

“Ons moet die kin­ders van so­si­aal-e­mo­si­o­ne­le ge­drag leer so­dat hul­le weet hoe om daar­die kwes­sies te han­teer. Dis baie be­lang­rik.”

In die on­der­houd sê sy daar werk nog men­se in die Trum­p­ad­mi­nis­tra­sie wat nie deur haar man ver­trou kan word nie.

Sy sê sy gee hom raad oor wie sy dink hy kan ver­trou, maar be­slui­te oor per­so­neel­le­de is sy eie. “Ek gee hom my eer­li­ke raad en me­nings en dan doen hy wat hy wil doen.”

Op die vraag wat hy ge­doen het oor haar ver­moe­dens dat som­mi­ge per­so­neel­le­de nie ver­trou kan word nie, het die pre­si­dents­vrou ge­ant­woord: “Wel, som­mi­ge men­se werk nie meer daar nie.”

The Gu­ar­di­an be­rig pres. Trump is in ’n on­der­houd met Fox & F­riends ge­vra hoe­kom men­se wat hy en sy vrou nie ver­trou nie nog in sy ad­mi­nis­tra­sie is.

Hy het ge­ant­woord: “Ek het nie men­se in Washing­ton ge­ken nie en nou ken ek al­mal. Ek ken som­mi­ge wat ek wens ek nie ge­ken het nie.”

Hy het wel nou goeie men­se in sy ad­mi­nis­tra­sie, meen hy.

“Is daar van hul­le waar­oor ek nie gek is nie? Ja, en ons sal hul­le sta­dig maar se­ker uit­snuf­fel.”

Fo­to: REUTERS

Me­la­nia Trump vroe­ër van­dees­week op ’n be­soek aan die pi­ra­mi­des in Ka­ïro.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.