Ne­ne se be­dan­king: ’n Daad van mo­re­le moed, or­dent­lik­heid

Het e­nig­ie­mand gaan stil­staan en be­sef dat Nhlanhla Ne­ne se be­dan­king as mi­nis­ter van fi­nan­sies ná ’n de­ka­de van straf­fe­loos­heid ’n daad van or­dent­lik­heid en mo­re­le moed was? Po­li­ti­ci het ver­geet om hul ge­we­te af te stof, skryf Da­vid E­ver­att.

Beeld - - VOORBLAD -

Pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa het van­dees­week die be­dan­king van Suid-A­fri­ka se eens ge­pre­se, hoogs bel­e­ër­de Nhlanhla Ne­ne aan­vaar – en Ti­to M­bo­we­ni het die land se ses­de mi­nis­ter van fi­nan­sies in vier jaar word.

Die pre­si­dent pro­beer des­pe­raat om Suid-A­fri­ka te gra­we uit die on­hei­li­ge ge­mors wat sy voor­gan­ger, Ja­cob Zu­ma, en dié se ve­le kor­nui­te in en bui­te die re­ge­ren­de ANC ver­oor­saak het.

Ver­al die ver­foei­li­ke Gup­ta-fa­mi­lie was die hoof­rol­spe­lers in staat­skaping, soos wat ’n reeks na­vor­sings­pro­jek­te, kom­mis­sies van on­der­soek, boe­ke en on­der­soe­ken­de joer­na­lis­tiek pro­jek­te dit ge­doop het.

Ne­ne is te­vo­re be­skou as “skoon”, ver­al na­dat Zu­ma hom in die pad ge­steek het om­dat hy ge­wei­er het om van sy meer be­lag­li­ke pro­jek­te te fi­nan­sier. Des van Rooy­en het hom vir ’n na­week ver­vang. Hý is vir die wol­we ge­gooi toe Pra­vin Gord­han die mi­nis­ter van fi­nan­sies ge­word het (voor­dat ook hy deur Zu­ma uit­ge­dwing is).

Ne­ne is ge­re­ha­bi­li­teer deur Ra­map­ho­sa – wat die he­le Zu­ma­stra­te­gie ge­fnuik het deur die pre­si­dent van die ANC en toe la­ter die land te word. Ne­ne se her­aan­stel­ling as mi­nis­ter van fi­nan­sies is wyd as po­li­ties uit­ge­sla­pe en mark­vrien­de­lik be­skou.

Maar toe laat val Ne­ne twee bom­me. Een: Dat hy van 2010 tot 2014 met die Gup­ta-broers in hul wo­nings en kan­to­re ver­ga­der het, maar dat hy dit nie met Ra­map­ho­sa ge­deel het nie.

Twee: Dat hy ge­wei­er het om ’n kern­krag oor­een­kom smet Rus­land te te­ken, wat die land de­ka­des lank fi­nan­si­eel sou ver­lam.

En nou is hy weg.

Het e­nig­ie­mand die pou­se­knop­pie ge­druk en na­ge­dink daar­oor dat sy be­dan­king ná ’n de­ka­de van straf­fe­loos­heid ’n daad van or­dent­lik­heid en mo­re­le moed was? Ig­no­reer die par­ty se kleu­re en kyk na die mens. Dit is dui­de­lik ’n toets wat die mees­te Suid-A­fri­kaan­se po­li­ti­ci ho­pe­loos ge­dop het.

In­dien hul­le ’n ge­we­te het, het hul­le dui­de­lik ver­geet om dit af te stof en te ge­bruik. Wyd­ver­sprei­de skuld E­nig­ie­mand wat ge­heul het met die Gup­tas, ’n fa­mi­lie wat nou vei­lig in hul he­re­hui­se oor­see be­skut is, is per de­fi­ni­sie on­rein. En per de­fi­ni­sie sluit dit ’n swet­ter­joel men­se in die po­li­tie­ke en sa­ke­klas­se in wat deur die Gup­tas ver­lei, ge­kor­rup­teer, ge­vlei, ge­dreig of ge­stoom­rol­ler is, af­han­gen­de van hoe sterk die per­soon­lik­heid wat be­trok­ke was.

Die bril­jant­heid van hul staat s ka­pings pro­jek i s’ n pre­sen­sie­lys van by­na el­ke se­ni­or po­li­tie­ke fi­guur in Suid-A­fri­ka, te­sa­me met baie van die e­li­te-sa­ke­lui.

Par­ty het op­ge­staan teen hul­le, maar die mees­te het ge­vou, ver­lei deur kontant of ’n kras­se Sun Ci­ty-fa­mi­lie­troue-uit­no­di­ging of kor­rup­te kon­trak­te.

Baie is in die par­le­ment, par­ty is in die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing, an­der in die pri­va­te sek­tor – on­der wie die kon­sul­ta­sie­fir­ma KPMG en die B­rit­se voor­ma­li­ge beeld poets maat­skap­py Bel l Pot tin­ger–en el­ders. Nie al­mal sit op ANC-ge­stoel­tes nie.

Mis­kien is dit hoe­kom die pre­si­dent geen an­der keu­se ge­had het as om Ne­ne te ver­wy­der nie. Po­li­ties was die las te groot aan die voor­aand van ’n ver­kie­sing – na­si­o­na­le ver­kie­sings word vol­gen­de jaar ge­hou – en nie­mand is so uit­ge­spro­ke soos dié wat iets het om weg te steek nie.

Ne­ne het na die Zon­do-kom­mis­sie oor staat­skaping ge­gaan en er­ken dat hy ge­fou­teer het. Ja, hy het met die Gup­tas ver­ga­der. Nee, hy het hom nie laat om­koop nie (wel, hy sou dit se­ker ge­sê het, nie waar nie?). Ja, hy is on­der ge­wel­di­ge druk ge­plaas om die kern­oor­een­koms te on­der­te­ken wat Suid-A­fri­ka se staats­kas vir plun­de­raars sou oop­stel. Ja, hy het ge­wei­er om te te­ken en is in die pad ge­steek.

Dis op­merk­lik dat hy niks vir Ra­map­ho­sa ge­sê het oor sy vroe­ë­re ge­sprek­ke met die Gup­tas nie. Maar hy het ver­ant­woor­de­lik­heid ge­neem – an­ders as die an­der wat met hul han­de in die spreek­woor­de­li­ke “koe­kie­blik” be­trap is se leu­ens en la­waai.

Ne­ne het aan Suid-A­fri­ka ge­sê: “In ruil vir die ver­troue wat jul­le in my ge­stel het, is ek as ’n o­pen­ba­re amp­te­naar ge­drag wat bo ver­den­king is aan jul­le ver­skul­dig. Maar ek is ook ’n mens, ek maak fou­te, in­slui­ten­de dié van swak oor­deel.”

Hy het hier­na aan­ge­bied om te be­dank. Dít is re­ken­plig­tig­heid en or­dent­lik­heid. Ge­brek aan em­pa­tie In e­ni­ge weer­ga­we van die wê­reld was dit ’n man wat eer­ba­re vry­ma­king ge­vra het. Hy het sy eie fou­te er­ken, hy het om ver­gif­nis ge­vra en het ge­vra om ver­los te word van die ver­lok­kings van sy amp waar­voor so baie aan­hou kwyl en slob­ber.

Was daar vrae wat ge­vra moes word? Be­slis.

Maar wat het hy in ruil daar­voor ge­kry? Die EFF, wie se lei­ers­korps al her­haal­de­lik be­skul­dig is van kor­rup­sie, het die kans uit­ge­buit en be­weer dat Ne­ne so “kor­rup soos die hel” is en be­loof om nog kom­pro­mit­te­ren­de be­son­der­he­de te ont­hul – wat nog moet ge­beur.

(Ná die skryf van hier­die ar­ti­kel is Floyd S­hi­vam­bu, ad­junk­pre­si­dent van die EFF, sy broer, B­ri­an, as­ook die EFF self by die VBS Mu­tu­al Bank-kor­rup­sie skan­daal be­trek .)

Die DA, wat des­pe­raat is om weer vor­de­ring te maak ná Ra­map­ho­sa se op­gang, het Ne­ne se af­dan­king ge­ëis en wou an­der moont­li­ke bot­sen­de be­lan­ge laat on­der­soek.

Em­pa­tie is die ver­moë om te voel wat ie­mand an­ders binne sy eie ver­wy­sings­raam­werk er­vaar – een­vou­dig ge­stel, om jou in hul skoe­ne te plaas.

Dit is bui­ten­ge­woon skaars in die po­li­tiek – van pres. Do­nald Trump van A­me­ri­ka wat oor­le­wen­des van mis­han­de­ling be­spot tot Suid-A­fri­ka van­dag. Skree die an­der kant dood, wen met vo­lu­me en kras­heid, sien eer­lik­heid as ’n swak­heid, maar bo­wen­al moet jy wen – niks an­ders blyk saak te maak nie.

Nie een po­li­ti­kus het die or­dent­lik­heid ge­had om te sê “dit was die reg­te ding om te doen” nie. Die ge­brek aan em­pa­tie is oor­ver­do­wend. ’n Ge­brek aan em­pa­tie is deel van’ n nar­sis­tie­se per­soon­lik­heid s ver­steu­ring– ’n on­ver­moë of wei­e­ring om jou met die ge­voe­lens van an­der te ver­een­sel­wig.

Dit is ’n taam­li­ke net­jie­se be­skry­wing van po­li­ti­ci, wat her­haal­de­lik be­ves­tig word. In­dien po­li­ti­ci net per­soon­li­ke voor­deel sien, ver­al in die “swak­heid” van an­der – swak­heid wat hier om­skryf word as eer­lik­heid, om ver­gif­nis te soek en be­rou – dan is die toe­koms on­her­berg­saam.

Maar vir al daar­die an­der self­sug­ti­ge, self­vol­da­ne TV-ja­en­de po­li­ti­ci en an­der wie se eie ver­ga­de­rings met die Gup­tas of an­der kor­rup­te ak­ti­wi­tei­te nog na vo­re moet kom, ont­hou net een ding: Men­se wat in glashuise woon moe­nie klip­pe gooi nie.

■ Hier­die stuk het oor­spronk­lik op The Con­ver­sa­ti­on ver­skyn.

■ E­ver­att is die hoof van die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand se skool vir re­ge­ring.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Nhlanhla Ne­ne, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, ge­tuig voor die Zon­do-kom­mis­sie na staat­skaping.

Fo­to: SABELO NSELE

Ju­li­us Ma­le­ma... Die EFF het die Ne­ne-si­tu­a­sie uit­ge­buit (en toe bars die VBS-bom).

A­jay en A­tul Gup­ta, die In­die­se broers wat sen­traal is in die be­we­rings van staat­skaping in Suid-A­fri­ka.

Oud­pres. Ja­cob Zu­ma het Ne­ne af­ge­dank na­dat hy ge­wei­er het om die kern­oor­een­koms met Rus­land te on­der­te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.