Op wê­reld se ver­hoog

Sa­rel van der Walt

Beeld - - VOORBLAD -

Pik Bo­tha se s­to­rie is deel van dié van SuidA­fri­ka, skryf T­he­re­sa Pa­pen­fus in haar om­vang­ry­ke bi­o­gra­fie Pik Bo­tha en sy tyd.,

Roe­lof F­re­de­rik Bo­tha het in die so­wat 30 jaar voor­dat die eer­ste de­mo­kra­tie­se ver­kie­sing in die land ge­hou is, diep spo­re in die Suid-A­fri­kaan­se ge­skie­de­nis ge­trap.

Hy het sy stem­pel af­ge­druk as ’n jong ad­vo­kaat in die hof­saal van die Wê­reld­hof in Den Haag, Ne­der­land, in 1965; as am­bas­sa­deur by die Ver­e­nig­de Na­sies (VN) in New York; deur sy be­trok­ken­heid by die ja­re­lan­ge on­der­han­de­lin­ge oor die on­af­hank­lik­heid van R­ho­de­sië (Zim­bab­we) en die eer­tyd­se Suid­wes-A­fri­ka (Na­mi­bië); as par­le­ments­lid van die NP; en as lid van die ka­bi­net­te van John Vor­ster, PW Bo­tha, FW de K­lerk en uit­ein­de­lik Nel­son Man­de­la.

Vir baie was Bo­tha ’n volks­held, vir an­der eer­der ’n ver­raai­er, man­tel­draai­er en op­por­tu­nis.

Ver­al die kon­ser­wa­tie­wes het niks van hom ge­hou nie. Hul­le het hom Pik Swart ge­noem.

Hy is ook be­skryf as ’n kuns­te­naar, skry­wer, fi­lo­soof, dig­ter en ro­man­ti­kus wat ge­mak­lik was in die ge­sel­skap van wê­reld­lei­ers.

Daar is baie ge­skin­der oor sy lief­de vir vroue en drank.

In die laas­te ja­re was hy ook ’n groot aan­han­ger van die B­rit­se fi­si­kus prof. S­te­phen Ha­w­king en het graag ge­fi­lo­so­feer oor wat ná die dood ge­beur.

Dik­wels in die sop

Hoe­wel Bo­tha as am­bas­sa­deur by die VN en as mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke die NP-re­ge­ring se a­part­heids­be­leid moes ver­de­dig, sal hy ont­hou word as een van die sleu­tel­rol­spe­lers wat die NP ge­help het om van koers te ver­an­der en a­part­heid te be­ëin­dig.

Sy uit­la­tings dat hy nie vir ’n a­part­heids­bord­jie in ’n hys­bak sou s­terf nie en Suid-A­fri­ka in die toe­koms ’n swart pre­si­dent sou kry, het hom des­tyds in groot moei­lik­heid laat be­land. Oud­pres. FW de K­lerk, wat die ANC op 2 Fe­bru­a­rie 1990 ont­ban het, het aan Pa­pen­fus ge­sê Bo­tha was ’n “weg­be­rei­der en ’n sleu­tel­fi­guur” in die aan­loop tot dié ge­skied­kun­di­ge dag.

Bo­tha is op 27 A­pril 1932 in die Paul Kru­ger-ge­denk­hos­pi­taal in Rus­ten­burg in Noordwes ge­bo­re.

Hy het aan Tuk­kies stu­deer, waar hy ’n ra­sie­lei­er was en het hom by die de­par­te­ment van bui­te­land­se sa­ke aan­ge­sluit na­dat hy sy LLB-graad ver­werf het.

In 1956 is hy na die SuidA­fri­kaan­se mis­sie in S­tock­holm, S­we­de, uit­ge­plaas voor­dat hy in 1960 na die Suid-A­fri­kaan­se am­bas­sa­de in Keu­len in die eer­tyd­se Wes-Duits­land oor­ge­plaas is.

Bo­tha het van 1963 tot 1965 op die voor­grond ge­tree toe hy as ’n jong ad­vo­kaat lid was van Suid-A­fri­ka se reg­span wat by die Wê­reld­hof in Den Haag op­ge­tree het oor Suid-A­fri­ka se reg om Suid­wes-A­fri­ka te ad­mi­nis­treer.

Suid-A­fri­ka het die saak ge­wen.

In 1970 het Bo­tha die po­li­tiek be­tree en is as NP-lid vir die kies­af­de­ling Won­der­boom, in die noor­de van P­re­to­ria, par­le­ment toe.

In 1975 het hy Suid-A­fri­ka se am­bas­sa­deur in die VSA en by die VN ge­word.

In dié tyd het Suid-A­fri­ka te­le­vi­sie ge­kry en het ons ge­reeld ’n veg­lus­ti­ge Bo­tha in die VNraad­saal in New York in ak­sie ge­sien.

Die wê­reld het ook van hom ken­nis ge­neem.

In 1977 het John Vor­ster hom as mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke aan­ge­stel en het hy LV vir die kies­af­de­ling We­st­de­ne in die wes­te van Johannesburg ge­word. Hy sou dié kies­af­de­ling tot en met 1994 ver­teen­woor­dig.

Mi­nis­ter in Man­de­la-ka­bi­net

Bo­tha het in sy nu­we amp al hoe meer be­trok­ke ge­raak by die on­der­han­de­lin­ge oor R­ho­de­sië en Suid­wes-A­fri­ka. Vir baie men­se was die naam Pik Bo­tha en die woor­de “re­so­lu­sie 435 van die Ver­e­nig­de Na­sies oor Suid­wes-A­fri­ka” si­no­niem.

Ons het dié woor­de by­na el­ke dag op die ra­dio en te­le­vi­sie oor sy lip­pe hoor kom.

Toe PW Bo­tha in 1978 by John Vor­ster oor­neem as eer­ste mi­nis­ter, het Pik Bo­tha mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke ge­bly.

In dié tyd het hy on­der meer ’n sleu­tel­rol ge­speel in die on­der­te­ke­ning in 1984 van die ge­skied­kun­di­ge N­ko­ma­ti-ver­drag tus­sen Suid-A­fri­ka en Mo­sam­biek.

Die vol­gen­de jaar het hy help skryf aan PW Bo­tha se be­lang­heb­ben­de toe­spraak oor stap­pe wat sou lei tot die uit­ein­de­li­ke vry­la­ting van Nel­son Man­de­la.

PW Bo­tha het dié toe­spraak eg­ter ver­werp en sy eie Ru­bi­con-toe­spraak ge­le­wer, wat wê­reld­wyd baie ne­ga­tief ont­vang is.

De K­lerk het hom la­ter ook as mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke be­hou en hy het tot en met die eer­ste de­mo­kra­tie­se ver­kie­sing in 1994 as Suid-A­fri­ka se voor­ste di­plo­maat ge­dien.

Ná dié ver­kie­sing het hy in oud­pres. Nel­son Man­de­la se ka­bi­net as mi­nis­ter van mi­ne­ra­leen e­ner­gie­sa­ke ge­dien.

Bo­tha het uit die po­li­tiek ge­tree toe die NP in 1996 uit die re­ge­ring van na­si­o­na­le een­heid ge­tree het.

Op ’n ma­nier het sy per­soon­lik­heid ons al­tyd ge­tref as gro­ter as le­wens­groot.

Nie staats­hoof­ma­te­ri­aal nie

Pik Bo­tha het twee keer aan die ver­kie­sing om die lei­er­skap van die NP deel­ge­neem.

Die eer­ste keer was in 1978, toe Vor­ster uit­ge­tree het. Maar Bo­tha kon nie hond haar­af maak nie en PW Bo­tha het ge­wen.

Bo­tha het ook in 1989 ná PW Bo­tha se uit­tre­de aan die lei­er­skaps­ver­kie­sing van die NP deel­ge­neem teen FW de K­lerk en Ba­rend du P­les­sis, maar hy is in die eer­ste ron­de reeds uit­ge­ska­kel.

De K­lerk het pre­si­dent ge­word.

Du P­les­sis, ’n goeie vriend van Bo­tha, het aan Pa­pen­fus ge­sê dis Pik Bo­tha, wat in 1992 Trans­vaal­se lei­er van die NP ge­word het, se eie skuld dat hy nooit pre­si­dent ge­word het nie.

“Pik het geen aan­dag aan die man­ne in die kou­kus gegee nie. Sy vrien­de het hom ge­waar­sku. Maar hy wou nie luis­ter

Fo­to: ALET PRETORIUS

Pik Bo­tha was van 1977 tot 1994 mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.