Co­sa­tu eis la­er prys vir brand­stof

Beeld - - NUUS -

Co­sa­tu het in ’n be­to­ging teen die im­mer sty­gen­de brand­stof­prys ge­ëis dat Sa­sol ge­na­si­o­na­li­seer en ge­dwing moet word om goed­ko­per pe­trol aan Suid-A­fri­ka­ners te le­wer.

Be­to­gers het die N3-hoof­weg noord van Dur­ban in K­waZu­lu-Na­tal gis­ter­og­gend lank ver­sper.

Som­mi­ge mo­to­ris­te was ure lank op die hoof­weg vas­ge­keer weens die be­to­ging by die Ma­ri­an­hill-tol­hek. Die po­li­sie het la­ter rub­ber­koe­ëls ge­bruik om die be­to­gers uit­een te dryf.

Co­sa­tu het ook teen die ver­ho­ging vroe­ër van­jaar van die BTW-koers be­toog.

“Die groot­ste pro­bleem met die sty­gings in BTW en die brand­stof­prys is dat die ar­mes en ry­kes ewe hard be­taal aan uit­ga­wes en le­wens­kos­te, maar dat die land se e­ko­no­mie nie e­we­re­dig tus­sen hul­le ver­deel is nie,” lui ’n ver­kla­ring van die vak­ver­bond.

Hul lang lys ei­se oor brand­stof en ver­voer sluit in dat:

■ Sa­sol ge­na­si­o­na­li­seer moet word;

■ Die brand­stof­hef­fing en an­der be­las­tings ver­min­der moet word;

■ Meer be­lê moet word in o­pen­ba­re ver­voer;

■ Voor­ste­de­li­ke trei­ne vei­li­ger ge­maak moet word en ’n spoor­weg­po­li­sie­diens weer in­ge­stel moet word;

■ Wet­te­loos­heid in die tax­i­be­dryf ge­stop moet word; en

■ Meer be­lê moet word in e­lek­trie­se bus­se en an­der voer­tuie so­dat Suid-A­fri­ka­ners se af­hank­lik­heid van brand­stof­voer­tuie ver­min­der kan word.

Fo­to: REUTERS

Rou­kla­ers hou van­dees­week ’n nag­waak in Amsterdam, New York, om oor die dood van ver­skeie men­se in ’n li­mou­si­ne-on­ge­luk in New York, die VSA, te rou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.