Vrou erg be­seer toe hy­ser val

Beeld - - NUUS - Chris­ti­aan du P­les­sis Rie­kie G­rey­ling in die waak­een­heid.

Rie­kie G­rey­ling (65) se le­we het hand­om­keer ver­an­der toe die hy­ser in die huis van ’n vrien­din in Mid­rand 3 m in die skag af­ge­tui­mel het.

Haar hak­ske­ne is ver­gruis en haar rug, bors­been, arm en ’n vin­ger is ge­breek.

Sy is in die waak­een­heid van ’n hos­pi­taal.

Die on­der­ne­ming wat met die in­stal­la­sie van die hy­ser in die vrien­din se huis ge­help het, doen on­der­soek na wat skeef­ge­loop het.

Die ka­bel van die hy­ser het ge­breek.

G­rey­ling het on­langs ná ’n loop­baan in die me­dia af­ge­tree en het plan­ne ge­had om die wê­reld vol te reis. Nou sal sy waar­skyn­lik maan­de lank in ’n rol­stoel wees.

“Die me­die­se kos­te gaan waar­skyn­lik mil­joe­ne ran­de be­loop en sy het net ’n hos­pi­taal­plan wat nie al­les sal kan dek nie,” het An­si Bui­ten­dag, haar vrien­din, ge­sê.

Dit was in Bui­ten­dag se huis waar G­rey­ling Son­dag 30 Sep­tem­ber in die hy­ser ge­klim het.

Bui­ten­dag het haar vrien­din aan­ge­raai om die hy­ser pleks van die trap­pe te ge­bruik om­dat sy long­ont­ste­king ge­had het.

Sy was am­per op die twee­de ver­die­ping toe die ka­bel breek.

“Sy het met ’n oor­ver­do­wen­de slag net hier voor my voe­te be­land. Daar was ’n groot plas bloed in die skag,” sê Bui­ten­dag.

Sy kry self be­ra­ding ná die voor­val.

“Sy, my bes­te vrien­din, gaan my waar­skyn­lik dag­vaar. Ek sal my deel doen. Maar ek wil ook hê dat die men­se wat be­trok­ke was by die in­stal­la­sie, ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar in­dien daar droog­ge­maak is. Ons is be­sig om regs­ad­vies in te win.”

Die hy­ser is 18 maan­de ge­le­de ge­ïn­stal­leer om­dat Bui­ten­dag ’n heup­ver­van­ging ge­had het. Die on­der­ne­ming wat met die in­stal­la­sie ge­help het, se naam word op ver­soek van Bui­ten­dag weer­hou.

Die ei­e­naar van dié on­der­ne­ming het by na­vraag ge­sê hy weet nog nie wat daar­toe ge­lei het dat die ka­bel ge­breek het nie. ’n Deel van die werk is aan ’n on­af­hank­li­ke in­di­vi­du uit­ge­kon­trak­teer en die ka­bel is van ’n an­der ver­vaar­di­ger be­kom, sê die ei­e­naar.

In­tus­sen gaan dit goed met G­rey­ling, sê Bui­ten­dag.

“Sy is ’n baie po­si­tie­we mens. Daar is oom­blik­ke wat sy huil, maar dit is waar­skyn­lik om­dat sy ge­trau­ma­ti­seer is.”

Fo­to: FACEBOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.