Tu­tu ont­slaan en sterk nou tuis aan

Beeld - - NUUS - War­da Mey­er

E­me­ri­tus-aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu is gis­ter uit die hos­pi­taal ont­slaan na­dat hy ver­le­de maand vir ’n reeks toet­se op­ge­neem is.

Tu­tu het sy 87ste ver­jaar­dag ver­le­de Son­dag in die hos­pi­taal ge­vier en dié men­se­reg­te ak­ti­vis en die wen­ner van die No­bel­prys vir vre­de kon ook nie die agt­ste jaar­lik­se Des­mond Tu­tu-vre­des­toe­spraak in Kaapstad, wat deur pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa ge­le­wer is, by­woon nie.

Die Des­mond en Le­ah Tu­tustig­ting sê in ’n ver­kla­ring die aarts­bis­kop sterk nou by die huis aan.

Die Tu­tu-fa­mi­lie vier ook mô­re die 85ste ver­jaar­dag van die aarts­bis­kop se vrou, Le­ah.

Die stig­ting het al­mal be­dank vir hul ge­be­de en vir al die boodskappe waar­in Tu­tu ’n spoe­di­ge her­stel toe­ge­wens word.

Die aarts­bis­kop word al lan­ger as ’n de­ka­de teen pro­staat­kan­ker be­han­del en hy was die laas­te paar jaar ge­reeld in die hos­pi­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.