Orkaan Mi­cha­el: Hui­se nou aan an­der­kant van pad

Beeld - - NUUS - – Reuters

Die 11-ja­ri­ge Sa­rah Rad­ney, wat in die skool­va­kan­sie by haar ou­ma in die sui­de van Ge­or­gia ge­kui­er het, is een van die slag­of­fers van die orkaan Mi­cha­el.

Sy en haar 12-ja­ri­ge boe­tie het saam met hul ou­ma in haar huis ge­skuil toe die storm die deel­staat tref.

Die wind het ’n mo­tor­af­dak langs die huis op­ge­lig en toe dit weer af­kom, het een van die stut­pa­le reg deur die huis se dak ge­druk. Dit het Sa­rah in die ge­sig ge­tref.

Haar ou­ma het ’n ge­breek­te rib en ge­per­fo­reer­de long op­ge­doen.

Sa­rah se pa en stief­ma, Roy en Am­ber Rad­ney, was tuis in Cai­ro, so­wat 70 km van daar, en het kort-kort te­le­fo­nies met hul kin­ders en Roy se ma ge­praat.

So­wat ’n drie­kwar­tier na­dat hul­le van die on­ge­luk in ken­nis ge­stel is, het hul­le ge­hoor Sa­rah is dood.

Nood­per­so­neel het ure ge­neem om by die huis uit te kom om­dat krag­dra­de en bo­me wat om­ge­waai het, paaie ver­sper het.

Min­stens 11 men­se is reeds in die orkaan dood.

In die deel­staat Flo­ri­da sê Bo Pat­ter­son, bur­ge­mees­ter van Port St. Joe, hy het ge­sien hoe bo­me ver­by sy huis se ven­sters vlieg. Twee bo­te het in twee ge­skeur en ’n groot skip het op die s­trand be­land.

“Daar is hui­se wat aan die een kant van die straat was en nou aan die an­der kant is.”

Pat­ter­son skat in sy dorp van 3 500 men­se is 1 000 hui­se heel­te­mal of ge­deel­te­lik ver­nie­tig.

Die orkaan word be­stem­pel as een van die krag­tig­ste storms in die VSA se ge­skie­de­nis. Dit het wyd­ver­sprei­de oor­stro­mings ver­oor­saak.

Die orkaan het Flo­ri­da Woens­dag ge­tref met ’n wind van tot 250 km/h. He­le woon­buur­te is aan flar­de en die mees­te paaie is be­ska­dig. Die weer­mag het met bou­toe­rus­ting ’n pad deur die puin in die s­tad Mex­i­co Be­ach ge­stoot so­dat red­dings­wer­kers kon deur­kom.

Black­hawk-he­li­kop­ters het oor­ge­vlieg en red­dings­wer­kers soek met hon­de en hom­mel­tuie na men­se.

“Ons be­rei al­tyd voor vir die erg­ste en hoop vir die bes­te. Dié is natuurlik die erg­ste,” sê S­te­pha­nie Pal­mer, ’n brand­weer­be­amp­te van Flo­ri­da.

Fo­to: REUTERS

Die puin van hui­se in Mex­i­co Be­ach in Flo­ri­da.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.