Werk eer­der saam met Ra­map­ho­sa

Beeld - - KOMMENTAAR -

“Ek is (was?) ’n stoe­re DAon­der­steu­ner van die eer­ste dag af en het ge­trou gaan re­gis­treer en in el­ke ver­kie­sing DA ge­stem.

Wat die ko­men­de deur­slag­ge­wen­de ver­kie­sing be­tref, weet ek nie. Die DA­lei­ers­korps se op­tre­de is so ui­ters te­leur­stel­lend dat ek my kop in skaam­te laat sak en hui­wer om te sê of ek in vol­gen­de jaar se ver­kie­sing DA gaan stem.

M­mu­si Mai­ma­ne is sel­de ’n wel­deur­dag­te staats­man wat ’n saak nug­ter en kalm stel. Wan­neer hy dit wel doen, kry hy sy bood­skap oor.

Ek weet Cy­ril Ra­map­ho­sa is sy po­li­tie­ke vy­and, maar hy pro­beer ten min­ste ’n paar bal­le in die lug hou om land­sa­ke te ver­be­ter. Ra­map­ho­sa sit in die ANC ook tus­sen twee vu­re. Nou wil Mai­ma­ne hê Ra­map­ho­sa moet oor staat­skaping gaan ge­tuig. Om te wat?

Ek sou dink die DA en Mai­ma­ne en sy ver­deel­de lei­ers­korps moet lie­wer as ver­ant­woor­de­li­ke op­po­si­sie Ra­map­ho­sa se hand vat en sy po­gings sterk om kor­rup­tes te laat boet en ANC­kor­rup­sie uit te roei as om bloot te ver­oor­deel. Werk lie­wer saam as om sin­loos te op­po­neer en ver­dien re­spek.

Ek is be­vrees die DA ver­loor el­ke dag stem­me en sy kie­sers se re­spek – nie om­dat men­se vir an­der par­tye sal gaan stem nie, maar bloot om­dat hul­le gaan by­dra tot ’n reu­se­weg­bly­stem. Suid-A­fri­ka ver­dien dit nie in die hui­di­ge tyds­ge­wrig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.